Zoetendal Akademie Kook!

Zoetendal Akademie Kook!

Zoetendal Akademie / Academy

Zoetendal Akademie Kook!

Die Zoeties het verlede naweek se prag-weer gevier deur behoorlik fees te vier. Die vure het hoog gebrand en die potte het omtrent geprut by Zoetendal Akademie se Potjiekoskompetisie. Die dag se pret is afgeskop deur 'n kleurvolle pretdraf vanaf Stormsee karavaanpark en deelnemers is langs die pad na die mees suidelike punt, verfraai met allerhande kleure.

Terwyl dit afgespeel het, het die tien groepe wat meegeding het om Potjiekos-koning te kraai; die karavaanpark (én die buurt rondom dit) se monde aan die water gehad met die allerheerlikste geure. Van seekos; biltongpot tot Rogan Josh tot bees- en lamsvet wat braai.

Voeg dit by heerlike musiek om selfs ouma se heupe te laat swaai en g'n wonder talle besoekers het Saterdag kom draai nie. Die beoordeelaars se taak was beslis nie maklik nie, want lekkerder potjiekos, sal mens nie sómmer kry nie. Ongelukkig kon daar net één wenner wees en hierdie prestasie gaan aan die Sjampanjemeisies se span met hul smullekker Morokkaanse lamspot en sjampanje koes-koes.  Die prys vir die span met die meeste gees het gegaan aan ‘Ratel Paving and Construction’. Baie dankie aan een en elkeen se ondersteuning.

 
- Elanah Engelbrecht

Van Links:  Meyer Smit, Shané Breedt, Doald Breedt, Don Breedt

Van Links: Marlize Vermaak, Erin Conradi, Marquerite van Wyk, Marchean Delport

 
Fotograaf - Annelize Blom
 
Zoetendal Akademie Kook!

Zoetendal Akademie / Academy

Zoetendal Akademie / Academy is a dual-medium, primary school in L’Agulhas. The non-profit organization aims to create a safe, happy and stable environment for learners between the ages of 4 and 13 years of age. At Zoetendal Akademie / Academy, education is coupled with art, culture, sport and e...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Agulhas!
Read More

Recent Posts

22 October 2022: Angling Skins

22 October 2022: Angling Skins

Zoetendal Academy presents Angling Skins on Saturday, 22 October 2022.

Overberg Eisteddfod in Hermanus

Overberg Eisteddfod in Hermanus

Hierdie vier Graad 3 leerders het Saterdag die 11de Junie aan die Overberg Eisteddfod in Hermanus deelgeneem.

Suidpunt redenaars het die Overberg aan die gons

Suidpunt redenaars het die Overberg aan die g...

Op Woensdag, 25 Mei was die opwinding tasbaar by die NG kerksaal Agulhas. 

Dankie NSRI (Nasionale See Reddings Instituut)

Dankie NSRI (Nasionale See Reddings Instituu...

'n Dankie uit die diepte van Zoetendal se hart.

Zoetendal Akademie open vir 25ste skooljaar!

Zoetendal Akademie open vir 25ste skooljaar!

Klein lyfies met groot tasse het Woensdagoggend, 19 Januarie, by die hekke van Zoetendal Akademie in L’Agulhas ingekom.

Zoetendal Student Chosen For Sanlam’s Online Art Exhibition!

Zoetendal Student Chosen For Sanlam’s Onlin...

Congratulations to Era de Wet for being chosen as an exhibitor for the Sanlam Online Art Exhibition!