Burgemeester stel mikpunte en prioriteite vir die “eerste 100 dae”

Burgemeester stel mikpunte en prioriteite vir die “eerste 100 dae”

Suidernuus / Southern Post

Burgemeester stel mikpunte en prioriteite vir die “eerste 100 dae”

Rommelstrooiery en -storting, rondloperdiere en slaggate in die paaie...
image left

Dit is drie van die tien prioriteite vir die eerste 100 dae van die nuwe termyn wat Uitvoerende Burgemeester Paul Swart Maandag, 22 November tydens die eerste vergadering van die nuwe Raad, in sy heel eerste boodskap aan die inwoners van Kaap Agulhas, deurgee het.

Die 100 dae termyn loop in Aprilmaand ten einde en as almal saamwerk, is dit glad nie onmoontlik om teen Aprilmaand, wanneer die 100 dae mikpunt voor die deur sal staan, hierdie mikpunt te bereik nie.

Dieselfde mense wat rommel strooi en wat onwettig vullis, tuinvullis en boumateriaal hier daar en oral weggooi en agterlaat, kan - om mee te begin - na die tafel kom en self 'n handjie bysit. Dieselfde geld vir rondloperdiere - met die slaggate sal meer deskundige hulp en meer hande egter nodig wees.

Benewens hierdie drie prioriteite, was die volgende sewe prioriteite - miskien effens minder opsigtelik, maar nie minder belangrik nie - ook op die tafel gesit:

1. Die implementering van 'n professionele “call centre” binne die munisipaliteit om te help met die invordering van uitstaande skuld van die munisipaliteit.

2. ‘n Versoek dat die Munisipale Bestuurder 'n werkbare plan op die tafel plaas om die munisipaliteit se groeiende salaris rekening aan te spreek en in lyn te bring met die grootte van die munisipaliteit.

3. Die skep van 'n plan om, wat bekend staan as die “werkskultuur” van amptenare en raadslede, te verbeter.

4. Om by die eerste Raadsvergadering die beleid aan te spreek om plaaslike sakemense en kontrakteurs te bemagtig om kontrakte binne Kaap Agulhas self te doen.

5. Die sigbaarheid van die “Patrol Officers” moet in elke gemeenskap verskerp word as deel van een van die langtermyn prioriteite naamlik: die skep van 'n veiliger leefwêreld vir inwoners van die subdistrik.

6. Die installering van spoedkameras en 'n plan om die dissipline van padgebruikers aan te spreek, te verbeter en te herstel.

7. Die beplanning en aanbied van 'n strategiese sessie met die tema: “Renewed Hope through Real Innovation”. Op Afrikaans: Die skep van Hernude Hoop deur middel van wat bekend staan as Werklike of Daadwerklike Innovasie.

Indien die raad, wat tydens die boodskap van Pastoor Mageni aan die Raad en gemeenskap deurgegee is wel ter harte geneem word, naamlik om saam te werk tot voordeel van almal, sou al hierdie prioriteite wel binne die eerste honderd dae bereik kan word of tenminste stewig op koers geplaas kan word.

 
Ora Laubscher
Burgemeester stel mikpunte en prioriteite vir die “eerste 100 dae”

Suidernuus / Southern Post

Suidernuus / Southern Post is a well-established Bredasdorp-based publishing and printing company that reaches thousands of readers, across 14 Overberg towns, each week. Other than publishing accurate local news and information, the publishing and printing company provides businesses with the opport...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Arniston
Read More

Other Articles

Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours

Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours

Bedrooms are a very personal space, there are no ‘wrong’ colours.

Vining Ivy, PPG 2023 Color of the Year

Vining Ivy, PPG 2023 Color of the Year

It’s that time of year when we look at the paint trends for the coming year and we are more than a little excited to introduce PPG's 2023 Colour of the Year - Vining Ivy.

12 + 13 December 2022: Space Agency Holiday Programme

12 + 13 December 2022: Space Agency Holiday Programme

Are you looking for fun and educational activities for your kids during the holiday? 

SANSA Hermanus
SANSA Space Weather Capability Launch

SANSA Space Weather Capability Launch

Minister of Higher Education, Science and Innovation, Blade Nzimande launches the SANSA Space Weather Capability in Hermanus.

SANSA Hermanus
Black Accent Wall

Black Accent Wall

Black is a designer colour and if you want to dabble in the dark side - consider an accent wall in a guest bedroom.

Prominent Premium Textured

Prominent Premium Textured

When it comes to your home’s exterior walls, there are multiple benefits to choosing a textured vs a smooth paint.

See All Articles