Uitgawes wanneer jy eiendom koop
Mark Twain het gesê: “Buy land - they’re not making it anymore.”
Daar is niks so spesiaal soos om jou eerste droomhuis te koop en te besit nie! Dit mag een van jou grootste beleggings in jou leeftyd wees.
Wanneer jy soek na die regte huis om te koop, moet jy die volgende in gedagte hou:
- Ligging, ligging, ligging! Betaal eerder meer vir die regte ligging.
- Bly binne jou begroting.
- Kry goedgekeurde planne van die eiendom.
- Kry die finansiële state en reels en regulasies van die huiseienaarsvereniging of regspersoon, indien jy in ‘n kompleks en/of deeltitel eenheid koop.
- Laat jou prokureur die koopbrief deurlees en die eiendom se Titelakte bestudeer VOOR jy teken. Daar mag beperkende titelvoorwaardes en serwitute op die eiendom van toepassing wees.
Maak seker van wat deur jou betaalbaar is:
- Die koopprys. Hou in gedagte dat jy ‘n deposito moet betaal indien jy nie ‘n 100% verband by die bank kry nie.
- Transportkoste (koste van die prokureur wie die registrasie van die eiendom in die Aktekantoor hanteer).
- Hereregte (aan die Ontvanger van Inkomste), indien die koopsom meer as R1 miljoen is.
- Verband registrasiekoste (koste van die prokureur wie die registrasie van die verband namens die bank, in die Aktekantoor hanteer). (Indien jy nie die koopsom ten volle kontant betaal nie).
- Bank “initiation fee” - indien jy ‘n verband registreer.
- Verskuilde kostes soos: kostes om te trek, skuif van internet konneksies, meubels, gordyne ensovoorts. Hierdie kostes kan enorme bedrae beloop!
Benader die aankoop van jou droomhuis as een van die belangrikste beleggings besluite wat jy in jou lewe sal maak!
Hierdie artikel is ‘n algemene inligtingstuk en moet nie gebruik word of op staatgemaak word as regs- of ander professionele advies nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of vir enige verlies of skade voortspruitend uit vertroue geplaas op inligting hierin vervat nie. Behoudens foute en weglatings (BFW).