
Huis in Parkview, Bredasdorp brand byna af
'n Brand in jou huis is nooit 'n aangename ervaring nie, maar as dit in die middel van die nag gebeur wanneer die meeste mense slaap, kan dit in 'n nagmerrie ontaard. Dit is presies wat die inwoners van een van die relatiewe nuwe huise in die netjiese Parkview woongebied in Bredasdorp onlangs ervaar het. Die gesin was, na wat verneem is, besonder gelukkig om heelhuids daarvan af te kom. Was dit nie vir 'n jong seun wat wakker geword het nie, kon dit veel erger gewees het, het Suidernuus verneem. Bure het in die loop van die aand ook fluks hand bygesit om te help sodat die brand, wat na bewering deur 'n kort sluiting veroorsaak kon ge w ees het, geblus kon word. Die inwoners is na hulle nagtelike nagmerrie ondervinding tydelik elders in die dorp gehuisves.