Home › Cape Agulhas › Bredasdorp › Blog › Community

Besoeker, al die pad van Nederland af, verwesenlik hartsbegeerte

Besoeker, al die pad van Nederland af, verwesenlik hartsbegeerte

Suidernuus / Southern Post

Besoeker, al die pad van Nederland af, verwesenlik hartsbegeerte

Op Donderdag, 21 Oktober, dieselfde dag waarop Elim se nuwe kliniekgebou amptelik geopen is, het Anneke Baauw - van Vledder van Zeist Nederland saam met haar gasvrou, oud Napierdorper Marianne Strydom van Kaapstad, besoek gebring aan die Morawiese sendingdorpie Elim. Die Elim Tehuis wat ook deur Anneke se eie gemeente, die Morawiese Broederkerk Gemeente in Zeist se Zending Genootschap ondersteun word, was tesame met Elim se historiese kerkgebou, heel bo-aan haar wenslysie van besoekpunte. Sy het op haar eerste Sondag in SuidAfrika besoek gebring aan die Bellville se Morawiese gemeente waar sy 'n kerkdiens bygewoon het. Donderdag, 21 Oktober het Elim egter aan die beurt gekom en is haar hartewens verwesenlik. 

Anneke het haar gasvrou leer ken toe Marianne tientalle jare gelede by geleentheid van 'n studietermyn in Nederland gewoon het. Marianne het 10 jaar gelede weer besoek gebring aan Anneke en haar gesin toe sy aan 'n vertaling gewerk het. Waar haar eie beplande besoek aan Nederland in Mei 2020 te danke aan die COVID-19 pandemie deur die mat geval het, was Anneke se besoek ook vir Marianne 'n besondere geleentheid om weer soos van ouds te kon kuier. By Elim Tehuis het Anneke vir Me Cunningham en Mnr Van Dyk ontmoet saam met wie sy deur die tehuis kon stap en sommer ook van die kinders en personeellede kon ontmoet. Sy het ook met waardering vertel van haar besoek aan die kerkgebou self wat soos die gebruik in Morawiese Broedergemeentes is, spierwit geverf is met 'n tafeltjie voor in die kerk wat as “kansel” diens doen. Die historiese Morawiese dagwoord wat uit 1824 dateer wat teen die muur aangebring is en steeds herinner aan die stigtingsdae van die sendingstasie, het ook beïndruk en sal as foto saam met al die ander fotos van haar Elim besoek as herinnering saamgaan na Nederland.

Image 1
Anneke Bauuw-van Vledder in gesprek by die Elim Tehuis. Anneke het Eerwaarde Temmers op die plein voor die kerk ontmoet vanwaar sy op 'n begeleide toer van die kerk, die kerkwerf en in die besonder die Elim Tehuis vertrek het. Dit was Anneke se hartsbegeerte om tydens haar verblyf van 'n raps meer as 10 dae in Kaapstad, die Elim tehuis waar 50 erg gestremde kinders en jongmense versorg word, te besoek. Sy is self 'n lid van die Morawiese Broeder Kerk in Nederland en behoort aan die gemeente in haar tuisdorp Zeist. Die Zeist Zending Genootschap in Zeist is een van vele instansies wat die Elim Tehuis ondersteun. By die tehuis is sy ontvang deur Me Cunningham en Mnr van Dyk waarna Me Cunningham haar deur die tehuis begelei het.
Image 2
Voor Elim se historiese Morawiese kerkgebou - Anneke Baauw (middel) van Vledder van die Zeist Morawiese Broederkerk gemeente in Nederland en Elim Morawiese Broedergemeente se Eerwaarde Gert Temmers (regs). Anneke het op Donderdag, 21 Oktober saam met haar gasvrou oud Napierdorper Marianne Strydom (links), die Overberg en in die besonder Kaap Agulhas en Elim besoek. Sy het op Woensdag, 27 Oktober weer van Kaapstad af na Nederland vertrek. Sy neem egter besondere herinneringe aan haar besoek aan die sendingdorpie aan die Suidpunt van Afrika met haar saam na Nederland.
 
Ora Laubscher
Besoeker, al die pad van Nederland af, verwesenlik hartsbegeerte

Suidernuus / Southern Post

Suidernuus / Southern Post is a well-established Bredasdorp-based publishing and printing company that reaches thousands of readers, across 14 Overberg towns, each week. Other than publishing accurate local news and information, the publishing and printing company provides businesses with the opport...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Bredasdorp!
Read More

Other Articles

Trevors #TipTuesday - Motorbike Gear

Trevors #TipTuesday - Motorbike Gear

One of the most polarizing topics is what types of protective motorcycle gear is most important.

Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours

Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours

Bedrooms are a very personal space, there are no ‘wrong’ colours.

Vining Ivy, PPG 2023 Color of the Year

Vining Ivy, PPG 2023 Color of the Year

It’s that time of year when we look at the paint trends for the coming year and we are more than a little excited to introduce PPG's 2023 Colour of the Year - Vining Ivy.

12 + 13 December 2022: Space Agency Holiday Programme

12 + 13 December 2022: Space Agency Holiday Programme

Are you looking for fun and educational activities for your kids during the holiday? 

SANSA Hermanus
SANSA Space Weather Capability Launch

SANSA Space Weather Capability Launch

Minister of Higher Education, Science and Innovation, Blade Nzimande launches the SANSA Space Weather Capability in Hermanus.

SANSA Hermanus
Trevors #TipTuesday - Buying a New Motorbike for Beginners

Trevors #TipTuesday - Buying a New Motorbike for Beginners

Choosing the right motorcycle to suit your needs as a new rider will play a critical role in having a great experience or a constant struggle to figure it all out.

See All Articles