Totsiens Elsabe
Elsabe Van Zyl wie reeds vanaf 1 November 1997 by Luttig & Seun (nou Luttig Badenhorst Fourie) Prokureurs werksaam was, tree gedurende Augustus 2020 af.
Die laaste paar jaar het sy haar toegespits op transport transaksies soos ontvang van eiendomsagente en ook transport transaksies van gewaardeerde kliënte wie slegs met haar wou ‘besigheid doen’. Haar uitgebreide kennis oor aktes en die lewe in die algemeen, maak haar baie gewild onder haar kollegas en die kliënte.
Eiendomsagente en kliënte hoef glad nie bekommerd te wees nie, want hulle werk sal steeds deur bekwame akte dames (Susan Olivier, Amanda Eksteen, Beverley Appel en Denise Dowrie) onder leiding van ons aktebesorger, Marguerite Badenhorst, verrig word.
Ons gaan vir Elsabe baie mis, aangesien sy al so deel van ons firma is en baie kennis van akteswerk het. Sy is nie verniet die ‘hoofmeisie’ van die kantoor gedoop nie! Nietemin, ons gun haar haar welverdiende aftrede saam met haar eggenote, Andre. Ons vertrou dat hulle onvergeetlike reise sal onderneem en hulle kleinkind(ers) sal geniet.
Ons is Elsabe ewig dankbaar vir lojale en getroue diens en harde werk van meer as 22 jaar!
Ons gaan jou mis.