TENDER PLAAS ZOETENDAL
BREDASDORP / ELIM TENDER VIR DIE KOOP VAN DIE PLAAS ZOETENDAL
`n Unieke geleentheid om te tender vir die koop van die volgende pragplaas, met baie water, geleë in die gesogte area tussen Bredasdorp en Elim.
Sien video hier.

Gedeelte 26 van die Plaas Modder Valley 240
GROOTTE: 125,6583 Hektaar
• Woonhuis (5 slaapkamers)
• Werkswinkel met garage (geen krag)
• Wynkelder met proelokaal (3 fase krag)
• 3 Wendy Huise (Eskom krag)
• 30 km vanaf Bredasdorp
• 2,5 km vanaf Elim
• Water vanaf die Nuwejaars Rivier
• 60 Hektaar Vleiland
• 65 Hektaar bewerkbare grond waarvan 30 hektaar onder besproeiing en 13 hektaar wingerd (ongeveer 1,3 hektaar Shiraz en ongeveer 11,7 hektaar Sauvignon Blanc)
Tender sluit om 12:00 op Vrydag, 4 Desember 2020.
Tenderdokumente beskikbaar by Luttig Badenhorst Fourie (LBF) Prokureurs.
Vir navrae kontak Marguerite Badenhorst (Prokureur).
Vir besigtiging kontak Jan Becker (Eienaar).