Mediese Nooddienste Reageer Vroegoggend op Noodroep

Mediese Nooddienste Reageer Vroegoggend op Noodroep

Suidernuus / Southern Post

Mediese Nooddienste Reageer Vroegoggend op Noodroep

Blou Maandag vir nooddienspersoneel en motoriste. 

Luidens 'n persverklaring wat Maandagoggend uitgereik is deur die woordvoerder van die Wes-Kaapse Mediese Nooddienste, het die Nooddiens om 06h26 op Maandagoggend, 8 November 'n oproep om hulp ontvang wat verband gehou het met 'n motorvoertuigongeluk wat op die R316 tussen Bredasdorp en Napier, etlike kilometers van Napier af, plaasgevind het. 'n Trok en 'n ligte motorvoertuig was in die ongeluk betrokke. Die drie volwasse mans wat in die trok was, het geen beserings opgedoen nie. Die enigste insittende van die ligte motorvoertuig is egter noodlottig beseer en was in die voertuig vasgekeer. Die oorledene was die 27-jarige Matthys Jacobs van Bredasdorp.

 
Pad vir ure vir verkeer gesluit 

Terwyl daar gewag is op 'n hyskraan-trok waarmee die noodlottig beseerde bestuurder van die ligte motorvoertuig onder die trok uitgehaal kon word, was die pad vir alle verkeer gesluit. Die trok het dwars oor die pad tot stillstand gekom na die ongeluk terwyl stukkende bottels en 'n groot hoeveelheid kiste waarin drank vervoer is, oor die hele padoppervlak gestrooi gelệ het. 

 
Druk verkeer op agterpaaie

Afgesien van verkeersbeamptes en nooddienspersoneel, was beamptes van die Napier polisistasie deurgaans op die toneel. Padblokkades is opgerig by die ingang tot Napier waar motoriste wat onderweg was na Bredasdorp en ander bestemmings, versoek is om met 'n ompad wat verby die Napier silos loop, daarheen te ry. Verkeer vanaf Bredasdorp is wat nie by die Strormsrivier afrit afgedraai het nie, is voorgekeer by die Holdrif afdraai. Die pad is na 14h00 eers weer vir verkeer wat tussen Bredasdorp en Napier beweeg oopgestel.

Image 1
Voorraad lê wyd gesaai nadat die vragmotor buite Bredasdorp in ‘n
ongeluk berokke was en die pad verlaat het.
Image 2

The Western Cape Government Health Department's EMS official's
week was off to a busy start when they received a call for assistance
at 06h26 on Monday morning November 9. They were requested to
attend to a fatal motor vehicle accident on the R316 between
Bredasdorp and Napier. The fatally injured driver of a light motor
vehicle was trapped underneath the truck that was transporting
liquor. The road was closed off to all traffic for hours until well after
14h00. The whole area had to be cleared of rubble that consisted of
broken bottles and plastic cases spread all over. It was only after the
arrival of a special crane that role-players were able to speed up
operations. The fatally injured driver was the 27-year-old Matthys
Jacobs from Bredasdorp.

FOTOS: Wes-Kaap Verkeer

 
Ora Laubscher
Mediese Nooddienste Reageer Vroegoggend op Noodroep

Suidernuus / Southern Post

Suidernuus / Southern Post is a well-established Bredasdorp-based publishing and printing company that reaches thousands of readers, across 14 Overberg towns, each week. Other than publishing accurate local news and information, the publishing and printing company provides businesses with the opport...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Bredasdorp!
Read More

Other Articles

Trevors #TipTuesday - Motorbike Gear

Trevors #TipTuesday - Motorbike Gear

One of the most polarizing topics is what types of protective motorcycle gear is most important.

Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours

Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours

Bedrooms are a very personal space, there are no ‘wrong’ colours.

Vining Ivy, PPG 2023 Color of the Year

Vining Ivy, PPG 2023 Color of the Year

It’s that time of year when we look at the paint trends for the coming year and we are more than a little excited to introduce PPG's 2023 Colour of the Year - Vining Ivy.

12 + 13 December 2022: Space Agency Holiday Programme

12 + 13 December 2022: Space Agency Holiday Programme

Are you looking for fun and educational activities for your kids during the holiday? 

SANSA Hermanus
SANSA Space Weather Capability Launch

SANSA Space Weather Capability Launch

Minister of Higher Education, Science and Innovation, Blade Nzimande launches the SANSA Space Weather Capability in Hermanus.

SANSA Hermanus
Trevors #TipTuesday - Buying a New Motorbike for Beginners

Trevors #TipTuesday - Buying a New Motorbike for Beginners

Choosing the right motorcycle to suit your needs as a new rider will play a critical role in having a great experience or a constant struggle to figure it all out.

See All Articles