Home › Cape Agulhas › Bredasdorp › Blog › General
Blog

Beëindiging van ‘n vastetermyndiensooreenkoms: onregmatig of nie?

Beëindiging van ‘n vastetermyndiensooreenkoms: onregmatig of nie?

Luttig Badenhorst Fourie (LBF) Attorneys

Beëindiging van ‘n vastetermyndiensooreenkoms: onregmatig of nie?

Daar bestaan ‘n behoefte by verskeie werkgewers om dienskontrakte met werknemers aan te gaan welke slegs vir ‘n beperkte termyn is - die sg. vastetermyndienskontrakte.

Voorbeelde waar gereeld van hierdie tipe kontrakte gebruik gemaak word is vir seisoenwerkers, persone wie instaan vir ander werknemers wie op kraam- of siekteverlof is en ook onderwysers wie aangestel word in Beheerliggaamsposte vir ‘n beperkte termyn.

Art 198B van die Wet op Arbeidsverhoudinge, 66 van 1995 (hierna genoem “die Wet”) bepaal dat vastetermyndienskontrakte slegs aangegaan kan word vir ‘n termyn van langer as drie (3) maande indien:

1. Die aard van die werk vir ‘n beperkte of duidelik omskrewe duur is; of

2. die werkgewer kan aantoon dat daar ‘n aanvaarbare rede is vir hierdie tipe vastetermyn- ooreenkoms.

By gebrek aan so ‘n aanvaarbare rede (en indien die aard van die werk nie vir ‘n beperkte duur is nie) sal die betrokke werknemer geag word ‘n permanente aanstelling te hê, ten spyte van die kontrak wat bepaal dat dit slegs vir ‘n beperkte termyn is.

In die saak van Ntsoko v St John, The Baptist Catholic School het die CCMA onlangs duidelikheid gegee oor die beëindiging van ‘n persoon se vastetermynooreenkoms.

Mnr Ntsoko was ‘n werknemer van die betrokke skool en was aangestel in terme van vier (4) vastetermynkontrakte waarvan die eerste kontrak geteken is gedurende 2015. Die laaste vastetermynkontrak was geteken op 31 Oktober 2017 en het beoog dat Mnr Ntsoko dienste sou lewer vanaf 1 Januarie 2018 tot 31 Desember 2018. Hierdie laaste termynooreenkoms was egter nie weer hernu, na afloop van die voormelde termyn nie, en dit was die rede waarom Mnr Ntsoko sy werkgewer voor die CCMA gedaag het.

In die getuienis het dit geblyk dat die betrokke werknemer op 15 November 2018 ingelig is dat sy kontrak nie vir ‘n verdere periode hernu gaan word nie. Die werknemer het egter aangevoer dat hy ‘n redelike verwagting gehad het dat sy kontrak wel hernu sou word en het hy derhalwe aangevoer dat hier ‘n vorm van onbillike ontslag was - soos voorsien in Art 186 van die Wet op Arbeidsverhoudinge.

Artikel 186 van die Wet op Arbeidsverhoudinge bepaal dat die term “ontslag” ook die gevalle insluit waar ‘n werknemer ingevolge ‘n vastetermyndienskontrak indiens geneem is en redelikerwys van die werkgewer verwag het om die kontrak op dieselfde of soortgelyke voorwaardes te hernu, maar die werkgewer aangebied het om dit op minder gunstige voorwaardes te hernu of selfs glad nie hernu nie.

Die voorsittende beampte in die CCMA saak van Ntsoko het ‘n studie gemaak van Art 198B van die Wet asook Art 186 van die Wet op Arbeidsverhoudinge en kom tot die slotsom dat die aard van die werk waarvoor die werknemer indiens geneem is nie vir ‘n beperkte of duidelik omskrewe duur is nie. Hy bevind boonop dat die werkgewer ook nie enige ander regverdigbare rede vir die vasstelling van die duur van die kontrak kon bewys nie.

In die omstandighede bevind hy derhalwe dat hier ‘n ontslag was soos voorsien word in Art 186 van die Wet op Arbeidsverhoudinge en bevind dat dit onbillik en onregverdig was.

Hierdie saak bevestig weereens die beskerming wat werknemers onder die Wet op Arbeidsverhoudinge geniet en plaas ‘n onus op alle werkgewers om hierdie tipe van aanstellings mooi te oorweeg en seker te maak dat daar aan die vereistes wat gestel word in Art 198B van die Wet voldoen word.

Geliewe daarop te let dat Artikel 198B nie van toepassing is op alle besighede nie. Daar is sekere besighede wat uitgesluit word deur die wetgewing - raadpleeg asb u prokureur vir meer besonderhede hieroor.

Indien u verdere navrae oor hierdie artikel of verwante saak het is u welkom om die skrywer, Stefan Fourie,te kontak by: 028 424 1119 of stefan@lbflaw.co.za

Hierdie artikel is ‘n algemene inligtingstuk en moet nie gebruik word of op staatgemaak word as regs- of ander professionele advies nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of vir enige verlies of skade voortspruitend uit vertroue geplaas op inligting hierin vervat nie. Behoudens foute en weglatings (BFW).

Beëindiging van ‘n vastetermyndiensooreenkoms: onregmatig of nie?

Luttig Badenhorst Fourie (LBF) Attorneys

Luttig Badenhorst Fourie (LBF) Attorneys in Bredasdorp is a law firm that strives to provide legal advice and services of the highest order. The firm of lawyers and legal professional staff is fronted by partners-in-law, Marguerite Badenhorst (BCom, LLB, MBA, Certified Estate Practice Diploma, Tax P...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Bredasdorp!
Read More

Other Articles

Trevors #TipTuesday - Motorbike Gear

Trevors #TipTuesday - Motorbike Gear

One of the most polarizing topics is what types of protective motorcycle gear is most important.

Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours

Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours

Bedrooms are a very personal space, there are no ‘wrong’ colours.

Vining Ivy, PPG 2023 Color of the Year

Vining Ivy, PPG 2023 Color of the Year

It’s that time of year when we look at the paint trends for the coming year and we are more than a little excited to introduce PPG's 2023 Colour of the Year - Vining Ivy.

12 + 13 December 2022: Space Agency Holiday Programme

12 + 13 December 2022: Space Agency Holiday Programme

Are you looking for fun and educational activities for your kids during the holiday? 

SANSA Hermanus
SANSA Space Weather Capability Launch

SANSA Space Weather Capability Launch

Minister of Higher Education, Science and Innovation, Blade Nzimande launches the SANSA Space Weather Capability in Hermanus.

SANSA Hermanus
Trevors #TipTuesday - Buying a New Motorbike for Beginners

Trevors #TipTuesday - Buying a New Motorbike for Beginners

Choosing the right motorcycle to suit your needs as a new rider will play a critical role in having a great experience or a constant struggle to figure it all out.

See All Articles