Beëindiging van ‘n vastetermyndiensooreenk...
Daar bestaan ‘n behoefte by verskeie werkgewers om dienskontrakte met werknemers aan te gaan...
Nuwe wetgewing veroorsaak dat die bestuur van trusts en die inhoud van trustaktes op die voorgrond is.
Artikel 7C van die Inkomstebelastingwet, wat in werking getree het op 1 Maart 2017, bepaal dat enige lening, voorskot of krediet deur ‘n natuurlike persoon gemaak aan ‘n trust, rente sal dra teen die amptelike koers van SARS, wat inkomstebelasting-gevolge vir sodanige party inhou. Indien die trustakte egter (onder andere) voorsiening maak daarvoor dat enige uitstaande lening slegs opeisbaar en terugbetaalbaar sal wees ingevolge die diskresie van die trustees van die trust, kan die impak van Artikel 7C bestuur word.
Verder kyk SARS ook tans met ‘n vergrootglas na trusts, veral wat betref die algemene bestuur daarvan, onafhanklike trustee, asook wat die inhoud van trustaktes betref.
Om enige potensiële probleme uit te skakel, beveel ons aan dat, indien u trustakte nie alreeds in lyn gebring is met die jongste wetgewing en vereistes nie, dat dit in geheel vervang sal word sodat dat daar nie onaangename verrassings en negatiewe gevolge sal wees nie.
U is onder geen verpligting om u trustakte te vervang nie. Hierdie is bloot ‘n kennisgewing, aangesien van ons kliënte ons verkwalik as ons hulle nie inlig van die nuutste verwikkelinge nie.
Vir enige navrae kontak Luttig Badenhorst Fourie (LBF) Attorneys.
Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies. (E&OE)
Luttig Badenhorst Fourie (LBF) Attorneys in Bredasdorp is a law firm that strives to provide legal advice and services of the highest order. The firm of lawyers and legal professional staff is fronted by partners-in-law, Marguerite Badenhorst (BCom, LLB, MBA, Certified Estate Practice Diploma, Tax P...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreDaar bestaan ‘n behoefte by verskeie werkgewers om dienskontrakte met werknemers aan te gaan...
Foreign Nationals are no stranger to the South African labour market.
Daar bestaan ‘n behoefte by verskeie werkgewers om dienskontrakte met werknemers aan te gaan welke slegs vir ‘n beperkte termyn is.
Property ownership is no small feat.
Daar is tans drie maniere hoe paartjies in Suid Afrika kan trou.