Beëindiging van ‘n vastetermyndiensooreenk...
Daar bestaan ‘n behoefte by verskeie werkgewers om dienskontrakte met werknemers aan te gaan...
Tydens inspeksies wat in 2019 deur die Departement van Arbeid in die Overberg uitgevoer is, is daar bevind dat slegs sowat 40% van alle werkgewers voldoen aan die wetlike voorskrifte met betrekking tot die vertoning van relevante wetgewing by die werksplek. Dit het verder geblyk dat baie van die werkgewers, wie wel hierdie kennisgewings by die plek van werk vertoon (soos deur Wet vereis) ,afskrifte van die betrokke wetgewing vertoon wat reeds verskeie jare terug gewysig is en / of waarvan sekere gedeeltes reeds herroep is of verouderd is.In hierdie nuusbrief gaan ek kortliks handel met die verpligting tot die vertoon van sekere wette by werksplekke en hoe u as werkgewer hieraan kan voldoen.
Eerstens is dit belangrik om vas te stel waar voormelde verpligting tot die vertoon van sekere wette vandaan kom.
In artikel 30 van Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, Wet 75 van 1997, word daar bepaal dat ‘n werkgewer ‘n staat, in die voorgeskrewe vorm, van die werknemers se regte by die werksplek moet vertoon, waar dit deur die werknemers gelees kan word.
Eweneens bepaal Artikel 25 van die Employment Equity Act, Wet 55 van 1998, dat ‘n opsomming van hierdie wet in die werksplek vertoon moet word.
Die doel hiermee is om hierdie belangrike wette en die bepalings daarvan tot die beskikking van alle werkers te stel en sodoende toegang tot hierdie wette te vergemaklik.
Indien u nie hieraan voldoen nie, kan die Departement van Arbeid aan u ‘n boete oplê.
Indien u dus nog nie oor afskrifte van die betrokke wetgewing beskik en/of dit na behore vertoon by u werksplek nie, stel ek voor dat u dit so spoedig as moontlik bekom waar dit tot insae van al u werknemers is.
Beide die voormelde wette kan ook deur ons firma bestel word teen ‘n spesiale tarief van R1 200.00 en wat die volgende insluit:
1. Beide wette in kleur gedruk;
2. Grootte 594mm x 490mm;
3. Gelamineer.
Indien u van hierdie aanbod gebruik wil maak, is u welkom om ons kantoor te skakel en / of skrywer hiervan te kontak.
Hierdie artikel is ‘n algemene inligtingstuk en moet nie gebruik word of op staatgemaak word as regs- of ander professionele advies nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of vir enige verlies of skade voortspruitend uit vertroue geplaas op inligting hierin vervat nie. Behoudens foute en weglatings (BFW).
Luttig Badenhorst Fourie (LBF) Attorneys in Bredasdorp is a law firm that strives to provide legal advice and services of the highest order. The firm of lawyers and legal professional staff is fronted by partners-in-law, Marguerite Badenhorst (BCom, LLB, MBA, Certified Estate Practice Diploma, Tax P...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreDaar bestaan ‘n behoefte by verskeie werkgewers om dienskontrakte met werknemers aan te gaan...
Foreign Nationals are no stranger to the South African labour market.
Daar bestaan ‘n behoefte by verskeie werkgewers om dienskontrakte met werknemers aan te gaan welke slegs vir ‘n beperkte termyn is.
Property ownership is no small feat.
Daar is tans drie maniere hoe paartjies in Suid Afrika kan trou.