Blog

Buitelandse Bates en Boedelbereddering

Buitelandse Bates en Boedelbereddering

Luttig Badenhorst Fourie (LBF) Attorneys

Buitelandse Bates en Boedelbereddering

Verskeie Suid-Afrikaners besit bates, veral eiendom en beleggings, oorsee. Daar is egter verskeie implikasies met afsterwe wat u dalk nie van bewus is nie.

Die belangrikste implikasie wat in gedagte gehou moet word, is boedelbelasting. In terme van Artikel 3(2) van die Boedelbelastingwet, 45 van 1955, is oorsese bates ‘n bate van ‘n oorledene vir boedelbelastingdoeleindes. Dit beteken dat die waarde van die buitelandse bate by die waarde van u boedel gevoeg word ten einde boedelbelasting te bereken. As u Suid Afrikaanse boedel byvoorbeeld R2 500 000 werd is en u het ‘n eiendom in die buiteland wat R2 000 000 werd is, sal u belasbare boedel R4 500 000 wees. ‘n Bedrag van R 3 500 000 is aftrekbaar wat beteken dat u steeds belasting teen 20% sal betaal op R1 000 000 (‘n allemintige R200 000!). Alhoewel ‘n buitelandse bate winsgewend kan wees, kan die uitgawe as ‘n groot skok vir die erfgename kom en kan dit lei tot ‘n kontanttekort.

Dit is wys om ‘n testament in elke land waar u bates besit op te stel. Alle lande se reëls met betrekking tot die opstel van testamente, die bereddering van boedels en persentasie belasting op boedels verskil en dit sal wenslik wees om ‘n regskenner in elke betrokke land te konsulteer ten einde te verseker dat alle regsvereistes aan voldoen word.

Dit is uiters belangrik dat u prokureur u boedel beplan ten einde te verseker dat u, en u erfgename, bewus is van alle implikasies en gevolge van u testament en moontlike probleme wat kan opduik by u afsterwe kan uitskakel. Dit sal die afhandeling van die boedelproses vergemaklik en uitbetaling van erfenisse bespoedig.

Hierdie artikel is ‘n algemene inligtingstuk en moet nie gebruik word of op staatgemaak word as regs- of ander professionele advies nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of vir enige verlies of skade voortspruitend uit vertroue geplaas op inligting hierin vervat nie. Behoudens foute en weglatings (BFW).

Buitelandse Bates en Boedelbereddering

Luttig Badenhorst Fourie (LBF) Attorneys

Luttig Badenhorst Fourie (LBF) Attorneys in Bredasdorp is a law firm that strives to provide legal advice and services of the highest order. The firm of lawyers and legal professional staff is fronted by partners-in-law, Marguerite Badenhorst (BCom, LLB, MBA, Certified Estate Practice Diploma, Tax P...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Bredasdorp!
Read More

Recent Posts

Beëindiging van ‘n vastetermyndiensooreenkoms: onregmatig of nie?

Beëindiging van ‘n vastetermyndiensooreenk...

Daar bestaan ‘n behoefte by verskeie werkgewers om dienskontrakte met werknemers aan te gaan...

What Legislation Governs the Employment of Foreigners in South Africa?

What Legislation Governs the Employment of Fo...

Foreign Nationals are no stranger to the South African labour market. 

Newsletter | Issue 03 (2022)

Newsletter | Issue 03 (2022)

Daar bestaan ‘n behoefte by verskeie werkgewers om dienskontrakte met werknemers aan te gaan welke slegs vir ‘n beperkte termyn is.

Is co-ownership the way to go?

Is co-ownership the way to go?

Property ownership is no small feat. 

Trou u binnekort?

Trou u binnekort?

Daar is tans drie maniere hoe paartjies in Suid Afrika kan trou.