Trou u binnekort?

Trou u binnekort?

Luttig Badenhorst Fourie (LBF) Attorneys

Trou u binnekort?

Daar is tans drie maniere hoe paartjies in Suid Afrika kan trou, naamlik:

1. Binne gemeenskap van goed;

2. Buite gemeenskap van goed met insluiting van die aanwasbedeling; en

3. Buite gemeenskap van goed met uitsluiting van die aanwasbedeling.

Die enigste manier om te verseker dat jy beheer het oor jou finansiële toekoms, is om met ‘n prokureur te konsulteer voor huweliksluiting. Dit gee ‘n paartjie die geleentheid om ooreen te kom oor hoe hulle bates verdeel moet word wanneer hul huwelik beëindig word weens dood of egskeiding. Die prokureur sal jou kan help om vas te stel watter opsie die beste op jou en jou omstandighede van toepassing is.

Indien jy sou trou sonder ‘n huweliksvoorwaardekontrak, is die huwelik outomaties binne gemeenskap van goed en helfte van jou boedel, insluitende bates wat bekom is voor huweliksluiting, word jou nuwe eggenoot se eiendom.

‘n Huweliksvoorwaardekontrak verseker dat gades hul afsonderlike boedels behou en nie vir mekaar se skuld aanspreeklik is nie. Die kontrak moet aangegaan word voor huweliksluiting en word voor ‘n notaris (‘n prokureur met verdere kwalifikasies) en twee getuies onderteken. Die notaris sal daarna die ooreenkoms by die Registrateur van Aktes indien vir die registrasie daarvan. Die huweliksbeampte word dan voorsien met ‘n brief deur die notaris wat bevestig dat ‘n huweliksvoorwaardekontrak aangegaan is en die huwelik dus buite gemeenskap van goed sal wees.

Alhoewel partye hul huweliksgoederebedeling na afloop van die huwelik kan verander, is dit ‘n duur en lang hofproses wat vermy kan word deur vroegtydig met ‘n prokureur te konsulteer.

Hierdie artikel is ‘n algemene inligtingstuk en moet nie gebruik word of op staatgemaak word as regs- of ander professionele advies nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of vir enige verlies of skade voortspruitend uit vertroue geplaas op inligting hierin vervat nie. Behoudens foute en weglatings (BFW).

Trou u binnekort?

Luttig Badenhorst Fourie (LBF) Attorneys

Luttig Badenhorst Fourie (LBF) Attorneys in Bredasdorp is a law firm that strives to provide legal advice and services of the highest order. The firm of lawyers and legal professional staff is fronted by partners-in-law, Marguerite Badenhorst (BCom, LLB, MBA, Certified Estate Practice Diploma, Tax P...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Bredasdorp!
Read More

Recent Posts

Beëindiging van ‘n vastetermyndiensooreenkoms: onregmatig of nie?

Beëindiging van ‘n vastetermyndiensooreenk...

Daar bestaan ‘n behoefte by verskeie werkgewers om dienskontrakte met werknemers aan te gaan...

What Legislation Governs the Employment of Foreigners in South Africa?

What Legislation Governs the Employment of Fo...

Foreign Nationals are no stranger to the South African labour market. 

Newsletter | Issue 03 (2022)

Newsletter | Issue 03 (2022)

Daar bestaan ‘n behoefte by verskeie werkgewers om dienskontrakte met werknemers aan te gaan welke slegs vir ‘n beperkte termyn is.

Is co-ownership the way to go?

Is co-ownership the way to go?

Property ownership is no small feat. 

Newsletter | Issue 01 (2022)

Newsletter | Issue 01 (2022)

Property ownership is no small feat.