Blog

Nasionale Minimumloon: 1 Januarie 2019

Nasionale Minimumloon: 1 Januarie 2019

Labour Direct

Die Nasionale Minimumloon (NML) van R20.00 per uur / R3500.00 per maand is vanaf 1 Januarie 2019 van krag.

Ingevolge die Nasionale Minimumloonwet, is elke werker geregtig op betaling van 'n loon in 'n bedrag van nie minder as die NML nie en elke werkgewer moet lone betaal aan sy werkers wat nie minder as die NML is nie.

Huishoudelike Werkers moet teen R15.00 per uur betaal word (vanaf 1 Januarie 2019), ten spyte van die onlangse verhoging in Desember 2018, en plaas- en bosbouwerkers teen R18.00 per uur. Die tarief per uur moet aan werknemers betaal word soos hierbo aangedui, ongeag die ure gewerk, behalwe oortyd wat dienooreenkomstig betaal moet word.

Dit is belangrik dat werkgewers moet kennis neem van die volgende in hierdie verband:

  1. Die NML is wetlik afdwingbaar en Departement van Arbeid sal inspeksies uitvoer ten einde nakoming deur werkgewers te monitor;
  2. Die betaling van 'n nasionale minimumloon kan nie vermy word nie en die NML het voorkeur bo enige teenstrydige bepaling in enige kontrak, kollektiewe ooreenkoms, sektorale vasstelling of wet, behalwe 'n wet wat die Nasionale Minimumloonwet wysig;
  3. Die berekening van lone ingevolge die NML is die bedrag betaalbaar in geld vir gewone werksure, en mag nie die betaling van toelaes (soos vervoer, gereedskap, kos of verblyf), betalings in natura (losies of verblyf), bonusse en geskenke insluit nie;
  4. Dit is 'n onbillike arbeidspraktyk vir 'n werkgewer om eensydig lone, werksure of ander diensvoorwaardes te verander in verband met die implementering van die NML, behalwe as dit in die guns van die werknemer is;
  5. Die Nasionale Minimumloonkommissie sal die NML jaarliks hersien en aanbevelings aan die Minister maak oor enige aanpassings van die NML;
  6. Die impak van die NML sal van industrie tot industrie en werkgewer tot werkgewer verskil -  ons gee dus graag ‘n paar wenke oor hoe om dit te hanteer:
  • Aangesien werknemers nie minder as 4 ure per dag mag werk nie, sal dit die absolute minimum ure wees wat aan werknemers betaal moet word;
  • Normale werksure (voor oortyd) is 45 ure per week of 195 ure per maand;
  • Werkgewers wat nie kan bekostig om aan die NML te voldoen nie, kan aansoek doen om vrystelling te verkry, maar vrystelling sal gereguleer word deur die prosedure vir vrystelling, die verpligting van 'n werkgewer om met werknemers of hul vakbonde te konsulteer, die kriteria vir die evaluering van vrystellings en dokumente wat onder andere ingedien moet word. Indien 'n vrystelling toegestaan word, moet dit die tydperk waarvoor dit toegestaan word (wat nie langer as een jaar mag wees nie) spesifiseer, asook die loon wat die werkgewer verplig is om sy werkers te betaal en enige ander relevante voorwaarde;
  • Die enigste alternatief wat beskikbaar vir werkgewers is wat nie kan bekostig om aan die NML te voldoen nie, met uitsondering van vrystellings wat toegestaan kan word, sal wees om werkers af te lê of om korttyd te implementeer. In beide gevalle moet werkgewers kennis neem dat daar prosesse is wat ingevolge Arbeidswetgewing gevolg moet word.

Kontak ons gerus indien u meer inligting of hulp rakende bogenoemde benodig.

Nasionale Minimumloon: 1 Januarie 2019

Xplorio

Labour Direct is an industrial relations and human resources specialist company with a national footprint, committed to bring first class labour solutions through HR and IR services. Labour Direct strives to ensure effective compliance with legislation and endeavours to build long-term relationships...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Caledon!
Read More

Other Articles

Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours

Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours

Bedrooms are a very personal space, there are no ‘wrong’ colours.

Vining Ivy, PPG 2023 Color of the Year

Vining Ivy, PPG 2023 Color of the Year

It’s that time of year when we look at the paint trends for the coming year and we are more than a little excited to introduce PPG's 2023 Colour of the Year - Vining Ivy.

12 + 13 December 2022: Space Agency Holiday Programme

12 + 13 December 2022: Space Agency Holiday Programme

Are you looking for fun and educational activities for your kids during the holiday? 

SANSA Hermanus
SANSA Space Weather Capability Launch

SANSA Space Weather Capability Launch

Minister of Higher Education, Science and Innovation, Blade Nzimande launches the SANSA Space Weather Capability in Hermanus.

SANSA Hermanus
Black Accent Wall

Black Accent Wall

Black is a designer colour and if you want to dabble in the dark side - consider an accent wall in a guest bedroom.

Prominent Premium Textured

Prominent Premium Textured

When it comes to your home’s exterior walls, there are multiple benefits to choosing a textured vs a smooth paint.

See All Articles