Blog

Overberg Agri ondersteun die jeug in landbou

Overberg Agri ondersteun die jeug in landbou

Overberg Agri Caledon

Overberg Agri ondersteun die jeug in landbou

Ons kort ons jongmense betrokke in die landbou nou meer as ooit. Met die land wat Jeugmaand vier, wou ons nie die geleentheid mis om jou ‘n bietjie meer te vertel oor hoe ons werk om die jeug by landbou betrokke te hou deur ons betrokkenheid in die gemeenskap - veral by skole.

Dit is van kardinale belang dat jongmense ‘n verbintenis met die landbousektor het, want die oorgrote meerderheid van hulle - ongeveer 85% - woon in ontwikkelende lande waar landbou waarskynlik hul primêre bron van inkomste sal wees. Jong mense regoor die wêreld is egter blykbaar besig om hul belangstelling in boerdery te verloor.

Volgens ons bestuurende direkteur, Francois Joubert, raak volhoubare voedselverskaffing elke dag toenemend meer belangrik. “Dit is noodsaaklik dat ons jeug onderrig word om te weet hoe landbou inskakel by hierdie volhoubaarheid,” sê hy.

Joubert voel doelgerigte ontwikkeling in vandag se jeug is bitter belangrik en dat instellings soos die landboudepartment by Hoërskool Overberg ‘n uitstekende werk in hierdie onderrig doen en so ‘n liefde vir landbou by die area se kinders kweek.

“Landbou bied verskeie geleenthede en ons is trots om te kan sien dat daar soveel belangstelling by die leerders by Hoërskool Overberg is - wat die vakke wat aangebied word asook die praktiese aanbiedings soos die tonnels, so positief ondersteun,” sê Joubert.

Hoërskool Overberg se lanboudepartement verseker dat die jeug goed opgelei is vir die landboubedryf deur Landbouwetenskap, Landboutegnologie en Landboubestuur as vakkeuses aan te bied.

Ons hoop om ‘n goeie verhouding met die skole in die Overberg te behou, sodat die jeug suksesvol die landboubedryf kan oorvat!

Kontak ons direck vir meer oor ons werk met die jeug. 

Overberg Agri ondersteun die jeug in landbou

Overberg Agri Caledon

Overberg Agri Caledon is part of a long-standing agricultural company that is the number one choice with farmers, building contractors, DIY enthusiasts and lovers of the great outdoors. Other than supplying large-scale agricultural products to farmers, Overberg Agri Caledon strives to create a great...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Caledon!
Read More

Recent Posts

Dit is tyd on jou versekeringsdekking te hersien!

Dit is tyd on jou versekeringsdekking te hers...

Met oestyd in volle swang, hoop ons jy het jou versekeringsdekking hersien!

Wêreld Kos Dag 2022!

Wêreld Kos Dag 2022!

Hierdie jaar se tema was ‘NIEMAND word agtergelaat nie!’

‘n Boodskap van ons Besturende Direkteur

‘n Boodskap van ons Besturende Direkteur

‘n Boodskap van ons Besturende Direkteur, Francois Joubert, aan die produsente vir die oesseisoen wat voorlê. 

Annual Farmer's Day Celebrations

Annual Farmer's Day Celebrations

Thank you to everyone who joined our Roodebloem tasting farm for our annual Farmer's Day celebrations.

Wat Is Jou Geheime Braai-Resep?!

Wat Is Jou Geheime Braai-Resep?!

Met Erfenisdag en Braaidag om die draai, het ons besluit om ‘n liplekker kompetisie te doen.

Die Goue Canola is Terug

Die Goue Canola is Terug

Met die Overberg se pragtige goue Canola wat terug is, het ons besluit om ons Roodebloem-proefplaas oop te maak vir besoekers.