Blog

Die walvisse is hier!!

Die walvisse is hier!!

Dormehl Phalane Property Group Overstrand

Die walvisse stel ons nooit teleur nie. Elke jaar, min of meer die tyd, is hulle hier en kan ek my opgewondenheid skaars beteuel. Ek kan, vanaf ons boonste dek hulle vir ure dophou.........wat 'n voorreg! Wanneer my kleinkinders kom kuier staan elkeen met sy eie verkyker en die ongeloof en opwinding op hulle gesiggies is so kosbaar. Ek wens meer mense kan dit ervaar.

Vandag op die nuus word vertel van 'n man wat 'n robwelpie met 'n mes gesteek het en teen die kant van die boot probeer doodgeslaan het.....dan wonder ek..... watter soort mens doen so iets? Het ons mense geen respek vir mekaar of vir die natuur meer nie? Ongelukkig eindig dit nie daar nie.....ekself is skuldig....elkeen wat plastiek gebruik is skuldig. Dit het regtig tyd geword dat ons ernstig dink wanneer ons ons hand uitsteek na n plastieksakkie of strooitjie of enigiets wat ons in die asblik gooi. Moenie vergeet van alles wat in plasieksakkies verkoop word nie........lekkergoed, die kinders se ysies,speelgoed.....hoeveel speelgoed word nie van plastiek gemaak nie......margerienbakkies......margerien self, hoor ek, kort net een chemiese bestanddeel dan is dit plastiek! En daardie plastiek beland in die see en in die mae van ons walvisse. Ek bid dat ons tot ons sinne sal kom en dat ons kleinkinders oor tien of twintig jaar nogsteeds hierdie voorreg sal he, om die walvisse welkom te heet en met verwondering en respek met ander te kan deel.

Kom ons keer liewer terug na die walvisse......kom span uit oor n naweek......kyk na een van die eiendomme wat ons verhuur, hulle is elkeen baie besonders.....en vul jou gees met die wonder van ons natuur. Glo my jy sal vol energie, verwondering en dankbaarheid teruggaan, net om gou weer 'n draai te kom maak......mens kan nie anders nie.

Gaan na www.dpgprop.co.za..............tik op Property search...........Holiday rentals en kies die plek vir jou.

Die walvisse is hier!!

Elmarie Wepener

Dormehl Phalane Property Group Overstrand forms part of a leading national real estate franchise. Based in Gansbaai, and represented by husband-and-wife team Gert and Elmarie Wepener, Dormehl Phalane Property Group Overstrand is your go-to agency when it comes to all things property. Dealing in the ...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Do You Own a House In Gansbaai That Is Not Being Lived In?

Do You Own a House In Gansbaai That Is Not Be...

Everything is getting more expensive and owning a second home, that you only visit a few times a year for a short holiday...

Furnished Rentals Needed - Hermanus

Furnished Rentals Needed - Hermanus

Dormehl Phalane Property Group Overstrand is proud to be affiliated with SANSA Space Science in Hermanus.

Could you possibly buy your own home

Could you possibly buy your own home

Are you paying in rent what you could be spending on your own home loan?

Things to Consider Before Accepting a 105% Home Loan

Things to Consider Before Accepting a 105% Ho...

Many South Africans have to think twice before applying for a home loan because certain factors prevent them from buying a house.

Your home may be worth more than you think!

Your home may be worth more than you think!

Are you thinking of selling your home? Are you curious to know what your home is worth in today's market?