Gansbaai Fraternal reël ‘n Eendag Konferensie en Gemeenskapsontwikkelingsontbyt vir alle kerk- en gemeenskapsleiers van Groter Gansbaai. Die tema vir die oggend is: “Die Here sal voorsien / The Lord will provide”. Ds Dennis Naidoo, voorsitter van Gansbaai Fraternal, sê die lede van die Fraternal het tydens hulle vergadering op 29 Augustus op die noodsaaklikheid van so ‘n konferensie besluit en past Beryll Coetzer help hom met die nodige reëlings.
Die hoofdoel van die konferensie is dat Geestelike- en Dorpsleiers, asook verskeie organisasies en instansies soos Gansbaai SAPD, Gansbaai Sakekamer, Gansbaai Munisipaliteit, Maatskaplike Dienste, Gansbaai Toerisme, Gemeenskapsontwikkelaars en andere aan ‘n ope-gesprek rakende Gemeenskapsontwikkeling kan deelneem. Die onderskeie organisasies en skole is reeds by wyse van persoonlike skrywes uitgenooi. “Byvoorbaat dankie aan hierdie rolspelers se teenwoordigheid op 19 Oktober,” sê ds Naidoo. Dr en me Okkie Grundling van die “Monte Christo Miqlat Christian Non-Profit Company Paarl”, sal as gassprekers tydens die konferensie optree. Die organisasie se visie lui: “To raise up people in our community to help those in need.”
Navrae rakende Gansbaai Fraternal kan aan ds Naidoo by 028-384-1720 of 083-228-6815 gerig word, of stuur ‘n e-pos aan hom by dnaidoo2@telkomsa.net.
Hardus Botha
Konferensie vir Dorpsleiers
10 October 2013Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Up for Adoption: Patty
Patty together with other adorable dogs are waiting for adoption.
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 30 November 2022
The star of shark diving at the moment is the beautiful Bronze Whaler shark.
Images by Eric Beraud-Sudreau (Guest from France)
These beautiful images were taken by Eric Beraud-Sudreau from France, a guest that stayed at Amazing Grace B&B.
Golf Competition Results for 23 - 27 November 2022
Golf competition results for 23 - 27 November 2022.
Michelin 305/30ZR20 Tyres for Porsche
Make the most of your sports car with the reference tyre in its segment!
Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours
Bedrooms are a very personal space, there are no ‘wrong’ colours.











