Carine Badenhorst (links), rubriekskrywer van Suikerbrood en Suurvye in die Gansbaai Courant, is op 30 September vanjaar weer met ‘n Woes Toekenning vereer. Hierdie keer vir haar “Hoe lank hou die Lente?”
Gansbaai Courant se redakteur, Francois de Jongh het in ‘n vorige uitgawe (Gansbaai Courant, Donderdag, 11 Julie 2013) soos volg na Carine verwys: “Ons lesers is bevoorreg om weekliks haar hoë standaard rubriek te lees.” Carine het gesê Woes is ‘n skrywersgemeenskap waar jy kan vriende maak en saamgesels oor die rondgooi van woorde. “Ek verkies Woes omdat dit ‘n skoon platform is en ek is al sowat 6 jaar ‘n Woestyner.”
Carine sê die geskrewe woord lê haar na aan die hart en geen prentjiebeeld kan kers vashou by die prentjie wat mens in jou verbeelding vorm wanneer jy lees nie. “Hoe lank hou die Lente” se inleidende paragraaf lui soos volg: “Hier en daar breek ‘n stukkie blousel deur die lae, grou wolke op Lentedag. Deur my kamervenster kom skuur die son skaamweg wang met die opgestopte deken oor my bed. Met die beskeidenheid van ‘n jongnooi voor die blik van ‘n voorbarige vryer, draai dit kop weg agter die volgende wolk in.”
Sy sluit soos volg af: “My Lente kan vir altyd aanhou. Solank ek my blomme van geluk self plant. En die beste Tuinier van alle tye aanstel om ‘n ogie te hou!” Gansbaai Courant wens graag vir Carine geluk met haar tweede Woes Toekenning vanjaar.
Hardus Botha
Woes toekenning vir Carine
17 October 2013Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Up for Adoption: Patty
Patty together with other adorable dogs are waiting for adoption.
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 30 November 2022
The star of shark diving at the moment is the beautiful Bronze Whaler shark.
Images by Eric Beraud-Sudreau (Guest from France)
These beautiful images were taken by Eric Beraud-Sudreau from France, a guest that stayed at Amazing Grace B&B.
Golf Competition Results for 23 - 27 November 2022
Golf competition results for 23 - 27 November 2022.
Michelin 305/30ZR20 Tyres for Porsche
Make the most of your sports car with the reference tyre in its segment!
Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours
Bedrooms are a very personal space, there are no ‘wrong’ colours.











