Wyle Andries Jacobus Kruger (links), beter bekend as Ghandi, ‘n Adjudant-offisier van Gansbaai SAPD, is op Sondag, 20 Oktober in die ouderdom van 55 jaar oorlede.
Die gemeenskap was Sondagmiddag erg geskok by die aanhoor van sy skielike heengaan. Ghandi is op 20 Julie 1958 gebore en begin sy jarelange polisie-loopbaan op 17 Maart 1978, 35 jaar gelede, in Polokwane. In 2002 neem hy die leisels as Stasiebevelvoerder van Gansbaai oor en was ook nou betrokke by die stigting van die Gansbaai Slagoffer Ondersteuningskamer (Traumakamer).
In Julie 2002 aanvaar Ghandi ‘n pos te Stanford SAPD, maar keer gedurende 2005 weer na Gansbaai terug waar hy as waarnemende Stasiebevelvoerder in diens van Gansbaai SAPD staan. Later word hy ook as Sektor Bevelvoerder in die Landelike Gebied aangestel, waar hy die omliggende plase en Pearly Beach tot diens was. Paul Venter van Uilkraal Buurtwag verwys met groot lof na Ghandi se betrokkenheid by die Buurtwag, asook die Pearly Beach Buurtwag.
Ghandi is met Engela in die huwelik bevestig en 2 seuns, Jaco en Corné, asook ‘n dogter, Luandie is uit die huwelik gebore. Ghandi het as ‘n lojale en toegewyde polisiebeampte bekendgestaan en was alom gewild in die onderskeie gemeenskappe, maar veral ook as ‘n omgee-persoon wat na andere uitgereik het. Sy afsterwe laat ‘n groot leemte in die gemeenskap, maar veral onder sy kollegas te Gansbaai SAPD. AO Ghandi laat sy eggenote, Engela en hulle kinders Jaco, Luandie en Corné, asook 5 kleinkinders agter.
Twee roudienste is vir Vrydag en Saterdag gereël. Op Vrydag, 25 Oktober om 11:00 sal ‘n private polisie-roudiens deur ‘n Kapelaan van die SAPD in die AGS-kerkgebou gehou word. Op Saterdag, 26 Oktober om 11:00 sal ‘n roudiens in die NG-kerkgebou deur ds Dirk van Dyk gehou word.
Hardus Botha
In Memoriam Adj Off Ghandi Kruger
24 October 2013Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Up for Adoption: Patty
Patty together with other adorable dogs are waiting for adoption.
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 30 November 2022
The star of shark diving at the moment is the beautiful Bronze Whaler shark.
Images by Eric Beraud-Sudreau (Guest from France)
These beautiful images were taken by Eric Beraud-Sudreau from France, a guest that stayed at Amazing Grace B&B.
Golf Competition Results for 23 - 27 November 2022
Golf competition results for 23 - 27 November 2022.
Michelin 305/30ZR20 Tyres for Porsche
Make the most of your sports car with the reference tyre in its segment!
Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours
Bedrooms are a very personal space, there are no ‘wrong’ colours.











