November se Birkenhead-wenspan op die boot Nu-Nu, met vlnr Phillip Fourie, Johan Burmeister en Gawie Krugel
Die spreekwoordelike skrif is aan die muur vir die Birkenhead Boothengelkampioene vir 2013. Verlede Saterdag se boothengelkompetisie was die laaste geleentheid om ‘n verskil aan 2013 se jaarlikse hengelkampioene te kon maak, aangesien Desember se kompetisie die 1ste vir 2014 is. Vier bote het ingeskryf, waarvan net 3 ingeweeg het. Die aantal bemanningslede was 12, waarby 2 dames ingesluit was. Vyf verskillende spesies is ingeweeg en die totale aantal vis wat ingeweeg is, was 119 met 'n totale massa van 77.7kg, wat ‘n gemiddeld van 6.48kg per hengelaar beteken.
Die volledige uitslae is soos volg:
Swaarste vis, Gawie Krugel (Geelbek - 4.50kg);
2de Swaarste vis, Raymond Rabe (Rooi roman - 2.60kg);
Swaarste sak, Gawie Krugel (11.1kg);
2de Swaarste sak, Johan Burmeister (7.85kg);
Swaarste bootgemiddeld, Nu Nu van Johan Burmeister en Gawie Krugel (8.42kg);
2de Swaarste bootgemiddeld, Laura 2 van Raymond Rabe (6.03kg);
Dame Swaarste sak, Elna van Zyl (5.25kg).
Die 1ste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë is:
Bootkampioene - Nu-Nu van Johan Burmeister en Gawie Krugel (93.97kg);
Jay-Bee 2 van Piet en Elna van Zyl (48.53kg);
Relêks 2 van Jean Downing (47.36kg); M
ans Visvangkampioene - Johan Burmeister (98.00kg); Gawie Krugel (77.36kg); Phillip Fourie (65.00kg);
Dames Visvangkampioen - Elna van Zyl (50.00kg); Dixie Walsh (35.00kg).
Die klub se Algemene Jaarvergadering sal op Vrydag, 29 November 2013 plaasvind, met die jaarlikse prysuitdelingsfunksie op Saterdag, 30 November 2013.
Navrae rakende die Birkenhead Boothengelklub kan aan voorsitter Raymond Rabe by 082-928-0594 gerig word, terwyl kompetisienavrae aan Johan Burmeister, wedstrydsekretaris, by 082-895-7647 gerig kan word.
Hardus Botha
Skrif is aan die muur
07 November 2013Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Up for Adoption: Patty
Patty together with other adorable dogs are waiting for adoption.
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 30 November 2022
The star of shark diving at the moment is the beautiful Bronze Whaler shark.
Images by Eric Beraud-Sudreau (Guest from France)
These beautiful images were taken by Eric Beraud-Sudreau from France, a guest that stayed at Amazing Grace B&B.
Golf Competition Results for 23 - 27 November 2022
Golf competition results for 23 - 27 November 2022.
Michelin 305/30ZR20 Tyres for Porsche
Make the most of your sports car with the reference tyre in its segment!
Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours
Bedrooms are a very personal space, there are no ‘wrong’ colours.











