Die draaiklub van Overberg het sy jaareindfunksie gehou op Saterdag 23 November. 12 Lede en hul gades het bymekaar gekom vir 'n heerlike braai aan huis van Attie en Alida Stander in Kleinbaai.
'n Paar manne wat baie belanggestel het in draaiwerk, het nie amptelik in 2010 bymekaar gekom. In April 2012 begin die Overberg Draaiklub Assosiasie as deel van die Overberg Houtwerkers Assosiasie. In die begin van 2013 staan die Draaiklub op sy eie bene, alhoewel heelwat van die lede aan beide klubs behoort. Die draaiklub spog met 22 lede, waarvan 2 Dames is, 5 van Hermanus, en 1 van Kleinmond. Die maandvergaderings word baie goed byge-woon, en te oordeel aan die items wat die lede gebring het vir tentoonstelling by die braai, is dit 'n riem onder die hart om te sien dat daar opgelet en ingeneem word by die die vergaderings.
Een van die hoogtepunte was die Pendemonstrasie wat Hannes Lüdick, Voorsitter van die Klub, aangebied het. Daar is vele Gans-baaiers en elders wat nou spog met 'n pragtige gedraaide houtpen. Die ander hoogtepunt was 'n "Peper Mill" kursus, ook aangebied deur Hannes. Die Draaiklub vergader elke 2de Donderdag in die maand, en skop al vroeg in Januarie af. Die klub is oop vir almal, oud en jonk asook dames. Hannes bied ook draaiklasse en spesialiteit draai kursusse aan. Overberg Draaiklub wil dan hiermee aan al sy lede, Gansbaai Gemeenskap en Besoekers 'n Geseënde Christus Fees toewens en 'n baie Voorspoedige Nuwejaar.
Overberg Draaiklub Assosiasie
05 December 2013Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Up for Adoption: Patty
Patty together with other adorable dogs are waiting for adoption.
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 30 November 2022
The star of shark diving at the moment is the beautiful Bronze Whaler shark.
Images by Eric Beraud-Sudreau (Guest from France)
These beautiful images were taken by Eric Beraud-Sudreau from France, a guest that stayed at Amazing Grace B&B.
Golf Competition Results for 23 - 27 November 2022
Golf competition results for 23 - 27 November 2022.
Michelin 305/30ZR20 Tyres for Porsche
Make the most of your sports car with the reference tyre in its segment!
Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours
Bedrooms are a very personal space, there are no ‘wrong’ colours.











