Leiers van verskeie kerklike demominasies wat vroeër vanjaar vir die NG-gemeente geneem is, is ‘n toonbeeld van Gansbaai Fraternal se strewe na Versoening - ook in Gansbaai
Gansbaai Fraternal se aanbieding van ‘n Interkerklike Versoeningsdiens op Maandag, 16 Desember (Versoeningsdag) in die NG-Kerkgebou, het ‘n treffende boodskap van versoening uitgestuur. Die tema van ds Dennis Naidoo, voorsitter van Gansbaai Fraternal, was: Preek ons nog Versoening? Hy het 5 belangrike punte aangehaal.
Eerstens of kerke wel nog “Versoening” preek? “Versoening gaan in die eerste en in die laaste plek oor God,” het hy gesê. “Maar preek die kerke nog oor die skerp en harde kant van die Evangelie, of het kerke se stem sag geword?” Die tweede saak het oor skuld en oordeel gehandel. “Sien ons onsself soos ons werklik is, of is ons dalk besig om God se allesomvattende genade in ‘n goedkoop genade te omskep?” Hy het gesê dat dit moeilik is om na die negatiewe en sondige dele van ‘n mens se Lewensboek te kyk, maar dat daardie Lewensboek van elke mens wel eendag voor God sal afspeel. Derdens het hy oor God se inisiatief gepraat. “God het met alles begin, ook met versoening tussen Hom en die mens - nie net geestelik nie, maar ook met die liggaam van Christus.” Hy het ook na die mens se reaksie verwys en as voorbeeld genoem dat die verlore seun eers die realiteit van sy vader se liefde kon beleef toe hy na sy vader se oop arms terugkeer. Laastens het hy by die uitdaging vir die prediking uitgekom en gesê om te verdra is maklik, maar die moeilike deel is om te aanvaar. Hy het afgesluit met Christus wat tot God gebid het dat mense een sal word. Aansluitend hierby het hy na Gansbaai Fraternal verwys. “Daar word nie verwag dat verskillende kerke enigiets moet prysgee of dat almal in een groot kerk saamgevoeg moet word nie, daar moet net as ‘n eenheid van gelowiges oorkoepelend hande gevat word en oor grense heen saamgewerk word tot uitbreiding van God se Koninkryk.”
Hardus Botha
Preek ons nog Versoening
27 December 2013Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Up for Adoption: Patty
Patty together with other adorable dogs are waiting for adoption.
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 30 November 2022
The star of shark diving at the moment is the beautiful Bronze Whaler shark.
Images by Eric Beraud-Sudreau (Guest from France)
These beautiful images were taken by Eric Beraud-Sudreau from France, a guest that stayed at Amazing Grace B&B.
Golf Competition Results for 23 - 27 November 2022
Golf competition results for 23 - 27 November 2022.
Michelin 305/30ZR20 Tyres for Porsche
Make the most of your sports car with the reference tyre in its segment!
Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours
Bedrooms are a very personal space, there are no ‘wrong’ colours.











