Vlnr: Jolene Filander (3de), mnr Wilson en Bianca de Koning (topkandidaat). Marthinique Adonis (2de)(inlas).
08:00 Dinsdagoggend het mnr Wilson en van die personeel die amptelike uitslae in Caledon gaan haal. Mnr Lawreston, direkteur, was vol lof vir die Overberg skole wat ook aangewys is as die beste distrik in die Wes-Kaap. 47 637 leerders het in 2013 hul matriekeindeksamen geskryf, waarvan 45 850 geslaag het.
Dit gee ‘n persentasie van 85,1%. 40.9% het met ‘n Baccalaureus toelating geslaag.
In die Overberg is die slaagsyfer 88%. 39,4% slaag met Baccalaureus. Nie een skool het onder 60% geslaag nie, wat wys dat die distrik se LITNUM sisteem suksesvol is.
Academia se matrieks het verlede jaar se rekord van 92,2% verbeter met presies een persent en die amptelike slaagsyfer is 93,2%. Daar is ‘n totaal van 74 lede wat geskryf het en vyf leerders het dit nie gemaak nie, een leerder kon nie die eksamen voltooi nie as gevolg van siekte. 16 leerders het hul Baccalaureus gekry, 35 hul Diploma en 17 het hul Nasionale Sertifikaat ontvang.
Die topkandidaat is Bianca de Koning met 5 onderskeidings, Marthinique Adonis in die tweede plek en Jolene Filander derde. Daar is ‘n totaal van 10 onderskeidings. Vakke wat met ‘n honderd persent geslaag is, is Afrikaans, Engels Tweede Addisionele Taal, Gasvryheidstudies, isiXhosa, Lewens-oriëntering, Wiskundige Geletterdheid. Wiskunde spog vanjaar met ‘n allemintige 88,9%. Onderskeidings is behaal in Afrikaans (1), RTT (1), Engels (1), Lewensoriëntering (5), Lewenswetenskappe (1) en Wiskundige Geletterdheid (1).
Die skool wil ook van hierdie geleentheid gebruik maak om vir al die besighede in die dorp dankie te sê vir alles wat hulle vir die skool doen en veral vir die leerders. Die skool is verheug om te sien hoeveel van die leerders vakansiewerk het en sodoende waardevolle ervaring opdoen en verantwoordelikheid leer. Sonder hierdie gemeenskap sal die skool nie in vier jaar al soveel wonderlike mylpale behaal het nie – baie dankie!
Liezel Mostert
Gansbaai Academia se 2013 Matriekklas wys hul staal
09 January 2014Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Up for Adoption: Patty
Patty together with other adorable dogs are waiting for adoption.
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 30 November 2022
The star of shark diving at the moment is the beautiful Bronze Whaler shark.
Images by Eric Beraud-Sudreau (Guest from France)
These beautiful images were taken by Eric Beraud-Sudreau from France, a guest that stayed at Amazing Grace B&B.
Golf Competition Results for 23 - 27 November 2022
Golf competition results for 23 - 27 November 2022.
Michelin 305/30ZR20 Tyres for Porsche
Make the most of your sports car with the reference tyre in its segment!
Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours
Bedrooms are a very personal space, there are no ‘wrong’ colours.











