Die nuwe naam vir Gansbaai Gateway Sentrum, die Great White Junction, wat reeds op die gebou aangebring is
Gansbaai Gateway Sentrum se naam is so stil-stil en kort voor die vakansie-seisoen na die Great White Junction verander en die gedagte het ontstaan hoeveel inwoners dit agtergekom het. Een van die eienaars van die gebou, Roelou Slabber van die Kaap, het gesê die span van Arbitrage se konsultant, Caroline Coates, sal in die nuwe jaar ‘n persverklaring in hierdie verband uitreik om relevante vrae oor die naamsverandering te beantwoord. Roelou het gemeld dat die naam “Gateway” verwarring veroorsaak met Hermanus se “Gateway”-sentrum.
Tydens Gansbaai Courant se navrae het dit geblyk dat daar nie eenstemmigheid onder die huurders oor die naamsverandering heers nie. Onder andere het een van die huurders, wat verkies om anoniem te bly, die volgende gesê: “Ons is gedurende April/Mei gekontak oor die moontlike naamsverandering. Die eienaars wou oor Paasnaweek ‘n groot geleentheid daarvan maak, wat op die huurders se versoek uitgestel is. Daarna is ons nie weer gekontak nie. Ons voel dat die naamsverandering nie goed deurdink is nie.” Van die belangrikse besware is die kostes wat onder andere deur adresverandering by banke, Telkom, munisipaliteit, briefhoofde en veel meer meegebring sal word, asook 2014 kalenders wat reeds gedruk is en waarop die vorige naam van die sentrum reeds aangebring is.
Hardus Botha
Van Gateway na Great White Junction
09 January 2014Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Up for Adoption: Patty
Patty together with other adorable dogs are waiting for adoption.
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 30 November 2022
The star of shark diving at the moment is the beautiful Bronze Whaler shark.
Images by Eric Beraud-Sudreau (Guest from France)
These beautiful images were taken by Eric Beraud-Sudreau from France, a guest that stayed at Amazing Grace B&B.
Golf Competition Results for 23 - 27 November 2022
Golf competition results for 23 - 27 November 2022.
Michelin 305/30ZR20 Tyres for Porsche
Make the most of your sports car with the reference tyre in its segment!
Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours
Bedrooms are a very personal space, there are no ‘wrong’ colours.











