Die toedrag van sake aangaande die visregte kan net as ‘n gemors beskryf word. Die feit dat baie mense slegs op hoogte kan kom van hoe dinge ontwikkel deur berigte in koerante en oor die radio of die TV, is baie jammer. Die gebrek aan behoorlike kommunikasie wat die hele proses voorafgegaan het het dinge nie verbeter nie. Baie betrokkenes weet selfs nou nog nie wat gaan gebeur nie en moet maar staat maak op die vergaderings wat klarigheid mag bring. Die vergaderings alleen gaan baie mense egter nie gerusstel nie en die kommer is groot vir die wat afhanklik is van vis vang as beroep om kos op die tafel te kry. Ons vertrou dat wat gaan ontwikkel uit al hierdie woelinge, daar eerstens klarigheid en tweedens aanvaarding en uitkoms gaan wees. In die toekoms sal dinge hopelik anders gedoen word.
Die watertemperatuur was vir ‘n hele rukkie baie laag (selfs hier by 10, 11 grade). Dis verbasend dat daar in hierdie omstandighede heelwat kabeljou gevang is -- beide met die lang stokke en ook veral vanaf die amperbootjies. Gelukkig was die wind nie onaardig vir hierdie vangery nie en ‘n groot voordeel natuurlik, die kleur van die water. Hierdie tyd van die jaar is dit soort van die in-ding om te doen, ons konsentreer op kabeljou en almal verwag dit! Daar is ook heelwat steenbras gevang en so tussen-in van die ander spesies. Op die oomblik is die watertemperatuur in die omgewing van 16, 17 grade en dit lyk asof die vis, ook in die dieper water, dit besef. Vangste van mooi hotties word gedoen met so tussenin skynsels van rooi. Hierdie romanne is nie baie volop nie, maar darem ook nie almal klein nie.
Met die skryf van hierdie artikel word sterker winde en reënweer voorspel. Dit kan dinge natuurlik weer verander. Dit kan ook op die ou einde ‘n verbetering beteken. Gooi maar varkoog.
Die vakansiegangers se tydjie hier by ons loop nou ten einde. Aan almal word ‘n veilige terugreis toegewens. Ry versigtig, wees bedagsaam en geduldig. Dankie vir julle teenwoordigheid en ons sien julle weer volgende keer.
Groete, Seemeeu
Visregte
09 January 2014Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Up for Adoption: Patty
Patty together with other adorable dogs are waiting for adoption.
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 30 November 2022
The star of shark diving at the moment is the beautiful Bronze Whaler shark.
Images by Eric Beraud-Sudreau (Guest from France)
These beautiful images were taken by Eric Beraud-Sudreau from France, a guest that stayed at Amazing Grace B&B.
Golf Competition Results for 23 - 27 November 2022
Golf competition results for 23 - 27 November 2022.
Michelin 305/30ZR20 Tyres for Porsche
Make the most of your sports car with the reference tyre in its segment!
Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours
Bedrooms are a very personal space, there are no ‘wrong’ colours.











