Helmie de Vries van Gansbaai Wynproegilde oorhandig die elektroniese oorbetalingsbewys ten bedrae van R5,000 aan Mike Kemp, voorsitter van Gansbaai CAD
“Ons het gevoel om dit wat ons kan geniet, maar nie deur ander geniet mag word nie, met hulle deur middel van ‘n donasie te deel,” het Helmie de Vries, voorsitter van Gansbaai Wynproegilde tydens die oorhandiging van R5,000 aan Gansbaai CAD gesê. Die Wynproegilde se lede het die bedrag eenparig tydens ‘n onlangse vergadering (berig in volgende uitgawe) goedgekeur.
Helmie het die elektroniese oorbetalingsbewys op Maandag, 3 Februarie 2014 aan Gansbaai Christelike Afhanklikheidsdiens (CAD) se nuwe voorsitter, Mike Kemp, oorhandig. Die CAD is ‘n selfhelpgroep waar ondersteuning van baie groot waarde is, veral wanneer ‘n persoon, ná rehabilitasie, deur ‘n sentrum ontslaan word. “5 tot 6 weke in ‘n rehabilitasiesentrum beteken baie vir ‘n persoon wat ernstige alkoholverwante probleme ondervind het, maar dit is nie lank genoeg nie,” sê Mike. “Vir die tydperk daarna is dit van kardinale belang dat so ‘n persoon ondersteun moet word en dit is waarvoor die CAD daar is.” Hy sê fondse wat op hierdie wyse bekom word, word hoofsaaklik aangewend as hulp vir persoonlike benodigdhede wanneer ‘n persoon deur ‘n rehabilitasie-sentrum opgeneem word. Soms probeer die CAD ook om ‘n bydrae tot die kostes verbonde aan so ‘n opname, wat ‘n baie duur proses is, te lewer. “Behalwe vir ondersteuning ná rehabilitasie, plaas ons ook baie klem op Christelike versorging omdat die verlede geleer het dat ‘n persoon se saak met die Here reg moet wees, anders val hy of sy weer terug,” sê Mike. Tans is daar sowat 14 lede in die groep wat elke tweede Maandag bymekaarkom.
Vir enige navrae oor Gansbaai CAD kan Mike by 072-070-3055 gekontak word.
Hardus Botha
Wynproegilde dink aan CAD
06 February 2014Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Up for Adoption: Patty
Patty together with other adorable dogs are waiting for adoption.
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 30 November 2022
The star of shark diving at the moment is the beautiful Bronze Whaler shark.
Images by Eric Beraud-Sudreau (Guest from France)
These beautiful images were taken by Eric Beraud-Sudreau from France, a guest that stayed at Amazing Grace B&B.
Golf Competition Results for 23 - 27 November 2022
Golf competition results for 23 - 27 November 2022.
Michelin 305/30ZR20 Tyres for Porsche
Make the most of your sports car with the reference tyre in its segment!
Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours
Bedrooms are a very personal space, there are no ‘wrong’ colours.











