God verander
Die Ou Testament praat nooit van ‘n statiese God – ‘n God wat bloot is en onveranderd bly soos ‘n blote objek nie. God word uitgebeeld as een wat verander. 1 Samuel 15: 34 (teks van Revised Common Lectionary vir die week) lees ons dat God bedroef was dat Hy vir Saul koning gemaak het. Dit is nie die eerste of laaste keer dat sulke woorde oor God geuiter is nie. Die vloedverhaal in Genesis 6 begin ook met die woorde: “…want ek is bedroef/teleurgestel omdat ek hulle gemaak het”.
Eie aan die Ou Testament word menslike emosie uitgebeeld om Goddelike optrede te beskryf. Ook so met God se woede. Is die belangrike hier ‘n diep filosofiese Gods vraag, soos: “Kan God spyt wees?” en wat is die implikasie vir sy bv. “alwetenheid” en “almag”? Ek dink nie so nie. Ek wil heel eerste weet wat maak God bedroef of kwaad, want dan verstaan ek sy “hart”.
In Genesis 6 is dit die geweld van die mens. In Samuel is dit moontlik ongehoorsaamheid en weerspannigheid (volgens vers 23). Miskien is die kern dat God nie onaangeraak word deur ons dade nie. Of miskien dat die geboorte van Christus en die voleinding in goedheid nie blote welwillendheidsgeskenk van ver bo af is nie, maar die ten spyte van, van God, wat getrou bly en struggle met die vir wie Hy lief is tot die einde. Soms bedroef, soms kwaad, soms….maar nooit los Hy nie. Dit is wat die kruis beteken. Bloed,verlatenheid en sweet staan nie in teken van ‘n in rots gegiete statiese God nie.
God verander
22 October 2016Share This Post
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Up for Adoption: Patty
Patty together with other adorable dogs are waiting for adoption.
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 30 November 2022
The star of shark diving at the moment is the beautiful Bronze Whaler shark.
Images by Eric Beraud-Sudreau (Guest from France)
These beautiful images were taken by Eric Beraud-Sudreau from France, a guest that stayed at Amazing Grace B&B.
Golf Competition Results for 23 - 27 November 2022
Golf competition results for 23 - 27 November 2022.
Michelin 305/30ZR20 Tyres for Porsche
Make the most of your sports car with the reference tyre in its segment!
Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours
Bedrooms are a very personal space, there are no ‘wrong’ colours.











