Beproef dit en proe
Wat beteken dit om “goed” te wees? In Psalm 34:9 staan daar: “Beproef dit en ervaar: Die Here is goed, gelukkig is die mens wat by Hom skuil.” Die NRSV se versindeling verskil, by vers 8 staan daar: “O taste and see that the Lord is good; happy are those who take refuge in him.”
Die Hebreeuse woord is tomu en dit beteken ‘proe’. Hoekom die 83 vertaling dit vertaal met “kom ondervind” en die Direkte Vertaling met “beproef” weet ek nie, maar “proe” is baie meer sintuiglik.
In die res van Psalm 34 het “goed” dan ook verskillende nuanses. In vers 11 het dit te make met voedsel en vers 13 dit wat jy geniet in die lewe. In vers 15 is die oproep dat die mens die “goeie” moet najaag.
Goed dui op iets wat ek ervaar en beleef. Goed is nie perfek nie, dit dui op ‘n ervaring om die objek van iemand se guns te wees, om vreugde te ervaar. G’n wonder dat baie tradisies God sien as “good, true and beautiful”.
Miskien kan alles wat ons proe ons herinner dat God goed is.
Beproef dit en proe
10 May 2017Share This Post
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Up for Adoption: Patty
Patty together with other adorable dogs are waiting for adoption.
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 30 November 2022
The star of shark diving at the moment is the beautiful Bronze Whaler shark.
Images by Eric Beraud-Sudreau (Guest from France)
These beautiful images were taken by Eric Beraud-Sudreau from France, a guest that stayed at Amazing Grace B&B.
Golf Competition Results for 23 - 27 November 2022
Golf competition results for 23 - 27 November 2022.
Michelin 305/30ZR20 Tyres for Porsche
Make the most of your sports car with the reference tyre in its segment!
Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours
Bedrooms are a very personal space, there are no ‘wrong’ colours.












