Ons hoor en lees deesdae so gereeld van huiseienaars se vrese dat halsstarrige huurders deesdae so deur wetgewing beskerm word dat dit eienaars noemenswaardige bedrae geld kos om uitsettingsbevele te bekom, ten einde diesulke persone uit eiendomme te kry.
In ‘n saak Ives v Rajah verlede jaar het Ives geappèlleer teen ‘n uitspraak in ‘n Landdroshof waar ene Rajah ‘n uitsettingsbevel bekom het teen Ives in die volgende omstandighede: Ives het ‘n residensiële eiendom in Parow van haar moeder geërf en aan ene Kotze verkoop met die voorwaarde dat sy dit kon bewoon vir die res van haar lewe. Hierdie beloofde belang was egter nooit teen die titelakte geregistreer nie.
Die eiendom was in 2009 op ‘n eksekusieveiling verkoop aan Rajah, wie salig onbewus was van Ives se reëling met Kotze. In terme van die veilingsvoorwaardes het die Balju die eiendom verkoop op die basis dat Koper enige inwoners vanuit die eiendom moes laat verwyder op sy eie koste.
Ives was egter ‘n parapleeg en het haar beroep op Artikel 4(7) van die Wet op Onwettige Okkupasie van Grond, tewete dat die regte van bejaardes, kinders en gestremde persone en huishoudings deur vroue onderhou, in ag geneem moet word.
In die bevel moes die hof die regte van die gestremde Ives in ag neem, ten einde tot ‘n beslissing te kom.
Die uitsettingshof het die beleid van die wetgewing respekteer in sy besluit dat die verkoop van ‘n eiendom met ‘n verband beswaar die resultaat en bedoeling moet hê dat die Koper vakante okkupasie moet bekom en is Ives se appèl met koste van die hand gewys.
Die hof het daarop gewys dat die reël dat ‘n gestremde persoon van alternatiewe akkomodasie voorsien moet word meer gewig sou dra in ‘n geval waar die verkoping nie in eksekusie was nie.
HUGO CARSTENS PROKUREURS HOOFWEG 15 GANSBAAI
TEL: 028 384 0334/8 SEL: 083 5188 784
EKSEKUSIEVEILING WAT WORD VAN DIE INWONERS
17 January 2013Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Up for Adoption: Patty
Patty together with other adorable dogs are waiting for adoption.
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 30 November 2022
The star of shark diving at the moment is the beautiful Bronze Whaler shark.
Images by Eric Beraud-Sudreau (Guest from France)
These beautiful images were taken by Eric Beraud-Sudreau from France, a guest that stayed at Amazing Grace B&B.
Golf Competition Results for 23 - 27 November 2022
Golf competition results for 23 - 27 November 2022.
Michelin 305/30ZR20 Tyres for Porsche
Make the most of your sports car with the reference tyre in its segment!
Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours
Bedrooms are a very personal space, there are no ‘wrong’ colours.











