Die 2013 seisoen is hier, met die afrigters (A-span: Marshall Seconna, Pieter Jantjies en Denver August. B-span: Peter Aploon en C-span: Gordon Cornelius en Andrew Adams) reeds aangestel. Daar word hard beplan en gewerk om die spanne reg te kry vir die harde Premierliga wat op 13 April afskop.
Die spelers is reeds hard besig aan die oefen. Afrigters rig ‘n vriendelike versoek aan almal wat die jaar nog wil rugby speel, om Dinsdae en Donderdagaande om 18:30 (6.30nm) by die oefeninge op Blompark se sportgronde aan te sluit, sodat afrigters hulle spanne en strukture kan regkry vir die liga. Nuwe spelers word ook versoek om ‘n afskrif van hulle ID saam te bring, sodat hulle geregistreer kan word. Die spelers word ook aangemoedig om hulle ledegeld (R150) te betaal (om dekking teen beserings te hê). Nie-spelende lede kan ook aansluit teen R100 per persoon.
Black Leaves het reeds verskeie vriendskaplike wedstryde gespeel, naamlik teen Universals B (Stanford) verloor 5-10; Universals A (Stanford) wen 12-0; teen Black Birds RVK: A-span wen 29-5 en B-span wen 22-17. Die afgelope Saterdag het die B-span 0-34 teen Hawston A verloor en die A-span het 0-15 teen Kleinmond A verloor. Eerskomende Saterdag reis die A-span na Hermanus om Atlantics A die stryd aan te sê.
Sportiewe groete
Heinrich Vermeulen, W-Sekretaris
Black Leaves RVK
21 March 2013Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Up for Adoption: Patty
Patty together with other adorable dogs are waiting for adoption.
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 30 November 2022
The star of shark diving at the moment is the beautiful Bronze Whaler shark.
Images by Eric Beraud-Sudreau (Guest from France)
These beautiful images were taken by Eric Beraud-Sudreau from France, a guest that stayed at Amazing Grace B&B.
Golf Competition Results for 23 - 27 November 2022
Golf competition results for 23 - 27 November 2022.
Michelin 305/30ZR20 Tyres for Porsche
Make the most of your sports car with the reference tyre in its segment!
Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours
Bedrooms are a very personal space, there are no ‘wrong’ colours.











