Lydenstyd: Vrymoedig
Die bekende Duitse teoloog, Jurgen Moltmann was ‘n in ‘n Britse kamp tydens die Tweede Wêreldoorlog. Hy het homself nie werklik as ‘n Christen beskou nie en as ‘n jong man wegbeweeg van die geloof. In die kamp was daar wel ‘n Nuwe Testament en Psalms beskikbaar. Hy het die Psalms gelees en die rouheid daarvan het hom getref. Hy het besef dat hy meer van die God wil leer voor wie jy eerlik jou vrese, angste, twyfel en ongeduld kan verwoord; voor wie jy niks hoef weg te steek nie. Die mens wat ek vandag in God se teenwoordigheid is, moet nie die een wees wat ek dink ek moet wees nie. Ook vandag kan ek met vrymoedigheid erken: Ek is bang, ek is onseker of ek twyfel. Die God van die Bybel was nog altyd vir ons ‘n toevlug by wie ek die maskers kan laat val wat ek vir ander ophou. Miskien kan ons ook soos Moltmann weer deur die Psalms blaai.