21 Dae 21 Psalms: Dag 3
1. Sit iewers waar jy gemaklik is. Word rustig.
2. Steek ‘n kers aan en dra iemand spesifiek aan die Here op.
3. Lees Psalm 8 hardop deur. Lees dit ‘n tweede maal hardop deur en vervang die manlike terme met vroulike terme. (Bv. Wat is die mens dan dat U aan haar dink?)
4. Psalm 8 herinner ons dat ons nie aan onsself kan dink los van God die Skepper nie: Calvyn skryf:
“Want in die eerste plek kan niemand homself aanskou sonder om dadelik sy sintuie tot die aanskouing van God, in wie hy leef en beweeg, te wend nie…ons bestaan is niks anders as ‘n bestaan in die enige God nie”.
5. Neem jou potlood en kryte en teken die skepping/aarde, die mens en God op ‘n stuk papier. Hoe sal jy hierdie verhouding uitbeeld? Kom ‘n paar keer vandag terug na die tekening.
6. “Elohim” is die Hebreeuse woord vir God. Iemand het na aanleiding van die Psalm geskryf dat ons Elohim-geaardes is? Hoe laat dit jou voel?
7. James Limburg skryf: “The Psalm assumes that the God-praising community and the earth-caring community are one.” God se mag is ‘n versorgende mag. Hoe gebruik ons ons mag in die skepping? Luister ek na die kinders?
Wie is ek?
[Direkte vertaling Psalm 8: 2-3
“Here ons Heer,
Hoe magtig is U naam oor die hele aarde,
U wat U luister aan die hemelruim vestig.
Met die stemme van kinders en suigelinge
Het U ‘n vesting opgerig teen u teenstanders
Om vyande en wraakgieriges te stuit.”]