Seënbede
Mag jy in die tyd van beperking die grensloosheid van God se deernis ervaar
Mag jy nuut na jouself en jou geliefdes kyk
Mag jy leer om anders te leer kyk, luister, ruik en voel
Mag jy God Drie - Enig vind in elke asemhaling en beweging
Mag jy saamvoel met miljoene oor die wêreld - lag en huil,
Mag ons almal kreatief raak om nood op te spoor en te help,
Mag ons daagliks dank, intree en bely
En mag ons verstaan hoe diep interafhanklik ons en die skepping is,
Mag God ons seën met lewe in die woestyn.