Seemeeu Desember 2020: Genade in 'n moeilike jaar
2020... die jaar is verby. Kersfees en die nuwe jaar 2021 is op ons. Ons hoop en bid vir ‘n nuwe begin in 2021, maar veral dat die virus by ons verbygaan. Ons kyk met dankbaarheid terug op 2020, ongeag die inperkings, ontberings, angs ens. Ons het baie liefde en omgee ervaar. Ons het mekaar gehelp ondersteun. Saam gelag en gehuil. Bo alles dank ons die Here vir sy beskerm-ing, voorsiening en troue liefde.
Soos die inperkingsmaatreëls geleidelik verslap is, het ons gemeente-aktiwiteite ook weer op dreef gekom. Ons kan weer kerk toe gaan (met maskers). Ons kinders het weer kategese-klasse bygewoon Die gemeente/gemeenskap het weer die Vrydagmark besoek en ondersteun.
Baie dankie aan elkeen wie meegehelp het met skepping en instandhouding van ons gemeente-aktiwiteite en ook tov ons kommunikasie kanale. Dankie aan ons leraars, kerkraad, hulp- en omgee-werk-ers vir hulle onbaatsugtige werk.
“Dit is moeilik om persone en orga-nisasies/bedieninge uit te sonder, maar weet dat dit wat elkeen gedoen het nie ongesiens verby gaan nie”.
Namens die leraars en kerkraad wil ons een en elk ‘n geseënde vakansie-seisoen toewens. Mag u die liefde van Jesus in al sy vorme in hierdie tyd opnuut ervaar en krag daar-uit put, vir nou en die toekoms.
Soli Deo Glo