Seemeeu Desember 2020: Die Bybel in mooi Afrikaans
Die 2020 vertaling van die Bybel in Afrikaans is einde November bekendgestel. Hierdie was die produk van 15 jaar se harde werk. Hoekom dan ‘n nuwe vertaling in Afrikaans? Die agtergrondverhaal van die vertaling is dat die Bybelgenootskap in 2004 genader is, deur kerke in Suid-Afrika wat die Afrikaanse Bybel gebruik, om ‘n nuwe vertaling voor te berei. Hierdie versoek deur verskeie kerke is dan ook in 2005 deur die Nasionale Raad van die Bybelgenootskap aanvaar en daar was oorspronklik ‘n tien- jaar tydperk hiervoor uitgesit. Die vertaal-opdrag was dan ook as volg uiteengesit: “Skep ‘n goed verstaanbare, bronteksgeoriënteerde Afrikaanse vertaling van die Bybel wat geskik is vir voorlesing en gebruik in eredienste, asook vir kategese, by-belstudie en persoonlike gebruik.” Hierdie vertaling moet verder ‘n getroue weergawe van die bronteks wees, wat dan beelde, metafore, styl en struktuur sover moontlik behou. In ‘n neutedop is die vertaling gebaseer op die beste brontekste tot ons be-skikking, so brongetrou as moontlik maar met ‘n bonus dat ‘n groot deel van die ver-taalspan ook bestaan het uit letterkundiges (digters en skrywers), want teoloë en brontaalkenners (Grieks en Hebreeus) is mos nou nie noodwendig goed met Afrikaans nie. Die Afrikaans kundiges het gehelp om ‘n keurige vertaling voor te berei.
Die Bybel in mooi Afrikaans wat ons glo vir elkeen die vreugde sal bied van ‘n amperse nuut ontdekking van God se Woord.