Seemeeu Desember 2020: Jeug en Kategese 2020
Sondag 15/11/2020 is die kategesejaar afgesluit. Hierdie jaar was op vele terreine moeilik vir ons kinders.
‘n Sertifikaat in die vorm van ‘n boekmerk is aan die kinders by af-sluiting oorhandig. Bemoedigende woorde is op die sertifikaat vir elke kind, met sy/haar naam, aangebring:
“In ‘n jaar waar ons nie altyd kans gehad het om kerk en kategese saam met ander gelowiges by te woon nie, wil ons jou tog net herinner: Waarlik die Beskermer van Israel sluimer nie in nie en Hy slaap nie” (Psalm 121:4) Mag jy ook oor die feestyd herinner word dat God ook in moeilike tye altyd teenwoordig is”.