Seemeeu Desember 2020: Maria en ons Godsbeeld
Maria help ons om oor God te praat. Sy herinner ons dat God kies. Dat Hy altyd die inisiatief neem. Min karakters in die Bybel het hulle daarop voorberei om gekies te word, hulle was verras.
Maria ook, veral toe sy as begenadig beskryf is. Maria se swangerskap en die geboorte van Jesus herinner ons aan die misterie van God se menswording. God het Homself in Maria se baarmoeder laat omsluit. Jesus is deur ‘n vrou in die wêreld ingebore. Dit is die inkarnasie en verwek-king van Jesus in Maria waar God se grootheid lê. Ons verstaan haar verhaal in die lig van menige vroue in die Bybel aan wie God kinders geskenk het: Sara, Rebekka, Simson se ma, Hanna en Elisabet.
Maria se reaksie op hierdie ingryping is ‘n loflied wat sterk profeties is, want dit herinner ons hoe God is. God keer dinge op sy kop. Die minste is nou die belang-rikste, die geringes word verhef en ons weet die laastes is nou eerste. Die randfigure word ingenooi en be-vestig. Die liggaamlike staan sentraal in die verhaal van Maria en haar Kind. Nie net die liggaamlike van die idee dat die Woord vlees geword het nie, maar ook vroue se liggame. Die interpre-tasiegeskiedenis leer ons dat die verhaal gebruik is om maagdelikheid te verhef en liggaamlikheid en seksualiteit te demoniseer. Hoekom? Omdat dit aanstoot gee. Liggaam en sonde was nou gebind in die verbeelding van die kerk. Jesus moes los-breek. Is dit tog nie juis dat God te midde van ons sondigheid mens geword het nie. God se manier blyk nie altyd in te pas nie, maar daarom word ons genooi om grense te verskuif. Nie net hoe ons oor God dink nie, maar ook ons roeping en ons liggame.
Bron: Mosaïek van Maria Miriam van Nasaret. Ingeweef in God se verhaal. Geskryf deur Lisel Joubert.