Ná afloop van die onlangse openbare vergadering vir 2013 se Fees van die Ganse het die nuwe Feesgans se veredonsies tevoorskyn begin kom.
Reeds tydens die nabetragtigingsvergadering is besluit om weg te beweeg uit die reënseisoen uit en tweedens is besluit op twee "Feeste", plus die moontlikheid van ander Feestelike aanbiedinge gedurende toepaslike naweke.
Die eerste been van die Fees van die Ganse word vir ± 8 tot 11 Augustus in Gansbaai Academia se saal beplan. Die jaarlikse gewilde Fynbosskou, gepaardgaande met vrolike instrumentale musiek- en kooroptredes sal deel van hierdie feesvieringe vorm. Asook die moontlikheid van die tradisionele Interkerklike Erediens en enkele ander interessante Feesitems, ingesluit 'n verskeidenheid van stalletjies. Die taakgroep behels met hierdie reëlings sal mettertyd meer inligting beskikbaar stel.
Die tweede been van die Fees van die Ganse word vir Saterdag, 21 September 2013 beplan. Ook hier is die finale beplanning nog in 'n proses. In kort kom dit daarop neer dat 'n ware "Dorpsfees" in Gansbaai se middorp beplan word, met die moontlikheid van enkele strate wat gesluit sal word, indien goedkeuring daarvoor ontvang word.
Die jaarlikse basaar ten bate van Herberg-aan-See sal deel van die Feesprogram vorm, met goeie samewerking tussen die Feeskomitee en die Basaarorganiseerders wat reeds bereik is. Voorbeelde van enkele Feesitems wat beplan word, is Mej Fees van die Ganse, Kaskarwedrenne, Gholfkompetisie, Fun Walk/Run, Stalletjies, Kindervermaak en veel meer, asook optredes deur plaaslike kunstenaars.
Hou Gansbaai Courant, die ware gemeenskapskoerant vir die dorp, dop vir verdere verwikkeling en verrassende aankondigings.
Feesnavrae kan aan Gansbaai Toerisme by 028-384-1439 gerig word, of stuur 'n epos aan gansbaaiinfo@telkomsa.net.
Hardus Botha
Feesgans se nuwe vere
02 May 2013Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Up for Adoption: Patty
Patty together with other adorable dogs are waiting for adoption.
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 30 November 2022
The star of shark diving at the moment is the beautiful Bronze Whaler shark.
Images by Eric Beraud-Sudreau (Guest from France)
These beautiful images were taken by Eric Beraud-Sudreau from France, a guest that stayed at Amazing Grace B&B.
Golf Competition Results for 23 - 27 November 2022
Golf competition results for 23 - 27 November 2022.
Michelin 305/30ZR20 Tyres for Porsche
Make the most of your sports car with the reference tyre in its segment!
Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours
Bedrooms are a very personal space, there are no ‘wrong’ colours.











