Na die nederlaag teen Worcester (Villagers) verlede Saterdag vereis dit nou planmatige optredes.
Om dit te kan bereik sal innovasie, harde werk en ‘n pragmatiese benadering van alle rolspelers op die dorp op alle vlakke verg.
Black Leaves Rugby Voetbalklub van Gansbaai bevind hom glad nie in ‘n gunstige posisie nie, wat nog te sê met drie middelmatige spanne teenoor die groter en fisieke opponente. Verlede Saterdag het die beskikbare manne vir hulle dorp gaan bloei op Worcester. Kyk, Worcester, het dit behoorlik laat dreun op die manne, maar die Baaienaars het geensins ophou veg voordat hulle die opponente se doellyn oorgesteek het nie. Brawe Trojane.
Daar lê nog ‘n vreeslike opdraende pad voor waarvan daar nou hand uitgesteek moet word vir hulp tot redding. Met ander woorde help red die klub deur aktief te wees en begrip te hê vir die probleme, uitdagings en geleenthede tot ontwikkeling.
Black Leaves staar Wellington komende Saterdag 11 Mei in die gesig. Die uwe kan geen vooruitskatting gee van wat gaan gebeur nie. (Wag maar eers).
Apatie of belangeloosheid van spelers skep ‘n vrugbare teelaarde vir dwelms, bendes, ‘n verbrokkelde gemeenskap, en ‘n flagrante verontagsaming van wet en orde. Rugby bring goeie praktye. Kom ouers, stuur julle seuns en moedig hulle aan. Sterkte teen Wellington, Black Leaves.
So sê Bra “G”
Black Leaves stuur SOS uit
09 May 2013Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Up for Adoption: Patty
Patty together with other adorable dogs are waiting for adoption.
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 30 November 2022
The star of shark diving at the moment is the beautiful Bronze Whaler shark.
Images by Eric Beraud-Sudreau (Guest from France)
These beautiful images were taken by Eric Beraud-Sudreau from France, a guest that stayed at Amazing Grace B&B.
Golf Competition Results for 23 - 27 November 2022
Golf competition results for 23 - 27 November 2022.
Michelin 305/30ZR20 Tyres for Porsche
Make the most of your sports car with the reference tyre in its segment!
Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours
Bedrooms are a very personal space, there are no ‘wrong’ colours.











