‘n Baie belowende program word tans geloods in die Wes-Kaap om werkloosheid te bestry waarby ook werkgewers in Gansbaai kan baat. Die program staan bekend as die “Work and Skills programme” en word deur die Workforce Group bestuur wat in Kaapstad gesetel is met kantore landwyd.
Die program sal werkgewers in staat stel om deel te neem aan ‘n program waarvolgens werksoekers opgelei kan word in sekere vaardighede wat kan bydra tot die intelektuele kapitaal van die onderneming. Deelnemers aan die opleidingsproses sal ‘n maandelikse aansporing van R1500 ontvang terwyl dit van die werkgewer verwag word om ook ‘n bydrae van minstens R500 per maand te maak gedurende die ses maande opleidingstydperk.
Die oogmerk van die program is om mense toe te rus met die nodige vaardighede om sodoende opgeneem te kan word as suksesvolle werknemers en toekomstige enterpreneurs in ons samelewing en ekonomie. Indien daar van u is wat belangstel, kan u op u besigheidsbriefhoof ‘n versoek rig dat u wil deelneem aan hierdie program en meld hoeveel persone u wil inskryf. U versoek kan direk aan Angelo Lamberts , Operational Manager-Special Projects gestuur word by angelol@workforce.co.za.
Indien u enige verdere navrae verlang kan Angelo Lamberts gekontak word op selfoon 082 494 5833 of kantoor 021 9109600. Besoek gerus ook die webtuiste www.workforce.co.za vir meer besonderhede.
Belangstellendes is ook welkom om met René Beukes van die Gansbaai Sakekamer skakel by 0827774814 of met Glenda Kiltley van die Toerismeburo by 0722915564.
Gulde Geleentheid vir Werkgewers
16 May 2013Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Up for Adoption: Patty
Patty together with other adorable dogs are waiting for adoption.
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 30 November 2022
The star of shark diving at the moment is the beautiful Bronze Whaler shark.
Images by Eric Beraud-Sudreau (Guest from France)
These beautiful images were taken by Eric Beraud-Sudreau from France, a guest that stayed at Amazing Grace B&B.
Golf Competition Results for 23 - 27 November 2022
Golf competition results for 23 - 27 November 2022.
Michelin 305/30ZR20 Tyres for Porsche
Make the most of your sports car with the reference tyre in its segment!
Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours
Bedrooms are a very personal space, there are no ‘wrong’ colours.











