"Ek voel baie goed ná die onlangse operasie waartydens ek 'n pasaangeër gekry het," vertel Bets van der Merwe (regs) van De Kelders.
Op 14 Junie vanjaar sal Bets die ouderdom van 87 jaar bereik en sy lyk sommer baie goed nadat sy op 18 April vanjaar die operasie ondergaan het. Sy vertel dat sy baie hartseer was, aangesien sy op dieselfde dag as die operasie na Johannesburg sou gevlieg het vir haar kleinseun se troue. "Ek was by my eerste kleinseun se troue, maar die dokters het gesê 'n vliegrit sal te gevaarlik wees en ek moes maar verlief daarmee neem om hospitaal toe te gaan in plaas van na die troue," vertel sy. Sy dra vele dankies aan Attie en Hanna le Roux, asook Adri Wessels oor wat haar só getrou voor, tydens en na die operasie gehelp en ondersteun het. "Ook baie dankie aan al die vriendinne wat so getrou bordjies met eetgoedjies voorsien het. Julle weet nie hoe ek dit waardeer het nie en die Here seën elkeen van julle daarvoor." Bets dra ook haar dank oor aan ds Dirk van Dyk vir sy besoeke en gebede vir haar. "Ek sien sommer uit na my 87ste verjaardag in Junie en, behalwe vir bietjie moegheid soms, voel ek soos 'n nuwe mens," sê Bets.
Hardus Botha
Pasaangeer op 87
30 May 2013Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Up for Adoption: Patty
Patty together with other adorable dogs are waiting for adoption.
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 30 November 2022
The star of shark diving at the moment is the beautiful Bronze Whaler shark.
Images by Eric Beraud-Sudreau (Guest from France)
These beautiful images were taken by Eric Beraud-Sudreau from France, a guest that stayed at Amazing Grace B&B.
Golf Competition Results for 23 - 27 November 2022
Golf competition results for 23 - 27 November 2022.
Michelin 305/30ZR20 Tyres for Porsche
Make the most of your sports car with the reference tyre in its segment!
Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours
Bedrooms are a very personal space, there are no ‘wrong’ colours.











