Soos verlede week reeds aangekondig, bied Gansbaai Sakekamer in Augustus 2013 ‘n entrepreneurskapkursus aan vir daardie persone wat nog altyd gedroom het om sy of haar eie besigheid te begin, maar nie die moed of kennis gehad het om dit aan te pak nie.
Hierdie kursus word aangebied in samewerking met die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI) wat ook die finansiering van die kursus behartig. Die 25 gelukkige kususgangers wat vir hierdie besondere voorreg gekeur word, se kursusfooie van R3000 per persoon word ten volle deur die AHI betaal. Die Sakekamer sal die opleidingslokaal voorsien en sekere aspek ten opsigte van die aanbieding van die kursus fasiliteer en finansier.
Dr Johan Louw van die Corporate Development Foundation bied die kursus aan en getuig dat die kursus primêr prakties (“hands on” en “street wise”) is en nie noodwendig akademies nie. Navorsing het oor en oor bewys dat sukses in entrepreneurskap nie bepaal word deur akademiese uitslae nie, maar eerder deur gesindheid, goeie spanwerk en die toepas van basiese besigheidsbeginsels. Daarom is hierdie kursus uniek en baie populêr. Dis al verskeie kere in Suid Afrika en SADC-lande aangebied en die terugvoering was deurgaans baie positief – aldus Dr Louw.
Voornemende kursusgangers moet oor minstens Graad 12 beskik en Afrikaans en Engels magtig wees. Kandidate sal vooraf gekeur word en moet bereid wees om vir ‘n volle vyf dae in die week 12 Augustus 2013 die kursus te deurloop. Dit bestaan uit 8 modules wat onderwerpe soos die beginsels van entrepreneurskap, identifisering van geleenthede, bemarking, basiese rekenkundige beginsels en so meer insluit.
Geen eksamen of werkopdragte word vereis nie, maar ‘n bywoningsertifikaat sal tydens ‘n oorhandigingsgeleentheid oorhandig word.
Alle belangstellendes kan met die Voorsitter van die Gansbaai Sakekamer, Fanie Bothma, skakel by faniebothma@mweb.co.za om aansoek te doen.
Harry de Jager
Opleiding vir die Entrepreneur en dit is GRATIS
18 July 2013Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Up for Adoption: Patty
Patty together with other adorable dogs are waiting for adoption.
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 30 November 2022
The star of shark diving at the moment is the beautiful Bronze Whaler shark.
Images by Eric Beraud-Sudreau (Guest from France)
These beautiful images were taken by Eric Beraud-Sudreau from France, a guest that stayed at Amazing Grace B&B.
Golf Competition Results for 23 - 27 November 2022
Golf competition results for 23 - 27 November 2022.
Michelin 305/30ZR20 Tyres for Porsche
Make the most of your sports car with the reference tyre in its segment!
Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours
Bedrooms are a very personal space, there are no ‘wrong’ colours.











