Augustusmaand gaan 'n bedrywige tydperk wees vir die Gansbaai Sakekamer.
Op die 12de Augustus begin die entrepreneurskursus wat aangebied word aan 25 voornemende entrepreneurs in samewerking met die AHI. Die persone wat gelukkig was om gekeur te word vir hierdie gratis opleiding (die AHI dra die koste van R3000 per persoon) woon vir vyf dae die opleiding by. Dr Johan Louw van die Corporate Development Foundation is die kursusleier wat hierdie gewilde en hoogs suksesvolle opleiding aanbied.
Op 27 Augustus vind ‘n Sakekamervergadering plaas waartydens die Uitvoerende Hoof van die AHI, Christo van der Rheede, lede en belangstellendes wat die geleentheid wil bywoon gaan toespreek. Tydens hierdie geleentheid gaan die kursusgangers wat die entrepreneursopleiding suksesvol voltooi het, ‘n sertifikaat van Christo van der Rheede ontvang. Daar gaan ook lidmaatskapsertifikate aan sakekamerlede uitgedeel word wat reeds hulle lidmaatskap vir die huidige jaar hernu het. Kaartjies gaan binnekort beskikbaar wees en kan by u sakekamerbestuurslid of by Glenda Kitley by Gansbaai Toerisme verkry word.
Maak solank ‘n aantekening in u dagboek vir die aand van die 27ste, want daar is net ‘n beperkte aantal plekke beskikbaar.
Soos voorheen bekendgemaak het die Voorsitter van die Gansbaai sakekamer, Fanie Bothma, op 17 Julie ‘n vergadering in Hermanus bygewoon waar die Wes-Kaap Minister van Ekonomiese Ontwikkeling, Finansies en Toerisme, mnr Allan Winde sakelui toegespreek het. Na ‘n persoonlike gesprek met die minister is daar ooreengekom dat ‘n verdere geleentheid geskep gaan word om sake wat Gansbaai raak, direk met die minister te bespreek. Terwyl die datum nog nie vasgestel is nie, word alle belanghebbendes uitgenooi om die Sakekamer te nader om gesprekpunte op die tafel te sit vir daardie geleentheid. Skakel direk met Fanie Bothma by faniebothma@mweb.co.za
Dit is ook ons voorreg om aan te kondig dat mnr Jannie Mouton, PSG Groep Voorsitter en bekende sakeman die Gansbaai Sakekamer sal toespreek oor die onderwerp “Glo in jouself” op 24 Oktober 2013 tydens ‘n dinee in die Great White House te Kleinbaai. Ons glo dat ons sakelui in Gansbaai baie gaan baat by die idees wat ‘n sakepionier van Jannie Mouton se formaat, met ons gaan wissel. Verdere inligting oor hoe u ‘n plek kan bespreek vir hierdie geleentheid word binnekort bekend gemaak. Teken solank hierdie datum aan en laat weet indien u belangstel. Daar gaan ‘n beperkte aantal plekke beskikbaar wees en ons kan u naam op ‘n waglys plaas.
Harry de Jager
Augustusmaand
08 August 2013Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Up for Adoption: Patty
Patty together with other adorable dogs are waiting for adoption.
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 30 November 2022
The star of shark diving at the moment is the beautiful Bronze Whaler shark.
Images by Eric Beraud-Sudreau (Guest from France)
These beautiful images were taken by Eric Beraud-Sudreau from France, a guest that stayed at Amazing Grace B&B.
Golf Competition Results for 23 - 27 November 2022
Golf competition results for 23 - 27 November 2022.
Michelin 305/30ZR20 Tyres for Porsche
Make the most of your sports car with the reference tyre in its segment!
Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours
Bedrooms are a very personal space, there are no ‘wrong’ colours.











