Die gedugte potspellede van die Overberg Zone, met voor vlnr Tanya Smit, Pietie Loubser (Kaptein), John Morgan (Bestuurder), Richard Le Roux en Franklin Bantam. Agter vlnr is Shaun Potgieter, Glen Wiseman, Karlo Marais, Schalk Burger, Dirk Büchner, Johan Venter en Lu-Jean van Dyk.
Strawwe potspelkompetisie, alhoewel vriendskaplik, het onlangs in die Sea View Hotel in Gansbaai afgespeel. Die Gansbaaiers, Overberg Zone, het vir die eerste keer hul eie span ingeskryf en as algehele oorwinnaars uit die stryd getree. Die vriendskaplike potspelwedstryde was teen die Valsbaaispan, Valsbaai Zone. “Die belangrikste rede vir hierdie vriendskaplike wedywering was om almal die geleentheid te bied om mekaar beter te leer ken,” vertel Karlo Marais. Altwee die Zones sorteer onder die Western Province Country Region (WPCR). Die Gansbaaiers se spanbestuurder is John Morgan, hulle kaptein is Pietie Loubser en hulle twee skeidsregters is Tanya Smit en Franklin Bantam.
Karlo vertel dat Overberg Zone ‘n belangrike Gholfdag vir Saterdag, 14 September by Hermanus Paradise Park gereël het. Dit is om fondse vir hulle deelname aan die SA Kampioenskappe te Worcester vanaf 29 September tot 5 Oktober vanjaar te genereer. Met verwysing na die potspelwedstryde teen Valsbaai, wil dit voorkom asof die gedugte Gansbaaiers van Overberg Zone se potspel gerus dopgehou kan word.
Belangstellendes in die Gholfdag, of wat meer inligting oor die Overberg Zone se potspelspan wil bekom, kan die spanbestuurder, John Morgan by 082-210-5383 skakel.
Hardus Botha
Gansbaaiers wys Potspelstaal
22 August 2013Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Up for Adoption: Patty
Patty together with other adorable dogs are waiting for adoption.
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 30 November 2022
The star of shark diving at the moment is the beautiful Bronze Whaler shark.
Images by Eric Beraud-Sudreau (Guest from France)
These beautiful images were taken by Eric Beraud-Sudreau from France, a guest that stayed at Amazing Grace B&B.
Golf Competition Results for 23 - 27 November 2022
Golf competition results for 23 - 27 November 2022.
Michelin 305/30ZR20 Tyres for Porsche
Make the most of your sports car with the reference tyre in its segment!
Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours
Bedrooms are a very personal space, there are no ‘wrong’ colours.











