Gansbaai Munisipaliteit beplan ‘n gesellige Loslitdag-optog ten bate van die Tehuis vir Gestremdes te Elim op Vrydag, 6 September. Alle geregistreerde deelnemers aan Loslitdag, wat deur ABSA geborg word, word uitgenooi om met oorgawe aan die verrigtinge deel te neem. “Ons geniet elke jaar hierdie lekker en vrolike dag, maar besef ons regtig dat dit oor gestremdheid gaan?” - Gansbaai Munisipaliteit. Alle besighede, groepe en individue van Gansbaai word genooi om by die munisipaliteit se optog aan te sluit. “Bring jouself, jou groep, ‘n groot ‘smile’, ‘n groot gees en jou bydrae!”
Groepe kan elk op ‘n unieke manier en prettige uitrustings, bykomstighede en plakkate van hul eie keuse aan die optog deelneem. Alle Gansbaaiers word uitgenooi om te kom kyk, saam te stap en ook deur die loop van die oggend enige bydraes te kom uitpak “en kom maak met ‘style’ en ‘n ‘smile’ ‘n verskil in gestremdes se lewens”. Die beplande optog begin om 07:00 by die helikopter-landingstrook (oorkant Gansbaai SAPD) en die optoggangers stap dan met Hoofstraat langs tot by die munisipale kantore. Daar sal haaie en walvisse in kalk-buitelyne wees wat met nie-bederfbare produkte soos blikkieskos, skoonmaakmiddels, toiletware, lekkers, klere, skryfbehoeftes ensovoorts volgepak kan word. Lees in volgende week se Gansbaai Courant meer oor die Elim Home en Mizpah School in Elim.
Vir navrae oor die optog kan Marzaan Middleton van Gansbaai Munisipaliteit by 028-384-8300 gekontak word.
Hardus Botha
Loslitdag optog
29 August 2013Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Up for Adoption: Patty
Patty together with other adorable dogs are waiting for adoption.
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 30 November 2022
The star of shark diving at the moment is the beautiful Bronze Whaler shark.
Images by Eric Beraud-Sudreau (Guest from France)
These beautiful images were taken by Eric Beraud-Sudreau from France, a guest that stayed at Amazing Grace B&B.
Golf Competition Results for 23 - 27 November 2022
Golf competition results for 23 - 27 November 2022.
Michelin 305/30ZR20 Tyres for Porsche
Make the most of your sports car with the reference tyre in its segment!
Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours
Bedrooms are a very personal space, there are no ‘wrong’ colours.











