Op Dinsdag, 3 September, is daar ‘n heerlike middag deurge-bring met Mary Badenhorst van ons Landbou Portefeulje.
Abe Smit van Franskraal het ons kom toespreek oor een van sy geliefde plante die CLIVIA “Boslelie” Diegene wat Abe ken, weet dat hy ‘n groot verskeindenheid van Clivias besit asook ‘n versamelaar is van Alwyne.
Ons is ingelig oor hul herkoms, die verskillende soorte, kleure, en grotes. Hy het ook gewys hoe om die sade te behandel, en om dit gereed te maak vir plant. Daarna is gedemonstreer hoe die plante geplant moet word, watter grond en bymiddels gebruik moet word, die grote pot en die belangrikste waar die plante geplaas (ligging) moet wees om die beste uit hulle te kry.
Daar is baie vrae gevra, en die dames het ywerig aantekeninge gemaak.
3 Plante is uitgeloot, en Francetta Cillie Malan was gelukkig om ‘n groot geel Clivia wat amper blom met sade te wen, Lorraine Germishuys was die gelukkige 2de en 3rde wenner. Baie dankie aan Abe wat die plante aan ons geskenk het, asook aan ons Landbou Gasvrouens vir die heerlike eetgoed wat daarna bedien is.
Op 17 September om 10:00 bied die VLV ‘n demonstrasie aan van blomme en hoe om spesiale toebroodtjies te maak.
Dit word aangebied deur Jeff Milne van Kleinmond, ‘n bekende Blomme Beoordelaar, wat ook al bygedra het tot die Chelsea Skou in Engeland. Hy het ook jare lank ‘n bloemistewinkel in Caledon gehad.
Almal word vriendelik uitgenooi om die oggend saam ons deur te bring by Gansbaai Family Kerk, Buitekantstraat (ou Sopkombuis). Kostes is R20 per persoon en ligte verversings word aangebied. Skakel Rienie by 028 38 41170 of 081 443 8248.
Rienie Lüdick
VLV NUUS
12 September 2013Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Up for Adoption: Patty
Patty together with other adorable dogs are waiting for adoption.
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 30 November 2022
The star of shark diving at the moment is the beautiful Bronze Whaler shark.
Images by Eric Beraud-Sudreau (Guest from France)
These beautiful images were taken by Eric Beraud-Sudreau from France, a guest that stayed at Amazing Grace B&B.
Golf Competition Results for 23 - 27 November 2022
Golf competition results for 23 - 27 November 2022.
Michelin 305/30ZR20 Tyres for Porsche
Make the most of your sports car with the reference tyre in its segment!
Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours
Bedrooms are a very personal space, there are no ‘wrong’ colours.











