“Herberg-aan-See wil nog eens vir elkeen wat so mildelik bygedra het, dikwels selfs uit die te min wat hulle reeds het, baie hartlik en opreg bedank,” sê Francia van Dyk, organiseerder van die pasafgelope basaar ten bate van Herberg-aan-See.
“’n Groot dankie aan elkeen wat die basaar kom ondersteun het en die tafels behoorlik leeg gekoop het.” Sy bedank ook graag die gemeenskap wat al hul familielede in die gure weer saamgesleep het basaar toe, asook die vele besoekers wat die basaar so goed ondersteun het. “Veral ook ‘n groot dankie aan almal wat vooraf met die kollektelyste in die winter, wat ons almal bygekom het, moes loop vir bydraes, asook aan almal wat gebak, gekook, gemaak en ge-wat-ookal gedoen het, té veel om op te noem. Nogmaals dankie uit ons harte uit.”
Hierdie gewilde basaar lewer jaarliks ‘n enorme bydrae tot die Tehuis se bedryfskostes waarsonder daar nie klaargekom kan word nie. Die organiseerders, werkers, bestuurder, personeellede, Beheerliggaam en veral die bejaardes, loop jaarliks oor van dankbaarheid vir die suksesse wat behaal word, ondanks moeilike ekonomiese omstandighede waarin almal gedompel is.
Vir navrae oor en/of bydraes ten bate van Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes, kan die bestuurder, John van Rooyen by 028-383-0501 geskakel word.
Hardus Botha
Basaar dankbaarheid
03 October 2013Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Up for Adoption: Patty
Patty together with other adorable dogs are waiting for adoption.
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 30 November 2022
The star of shark diving at the moment is the beautiful Bronze Whaler shark.
Images by Eric Beraud-Sudreau (Guest from France)
These beautiful images were taken by Eric Beraud-Sudreau from France, a guest that stayed at Amazing Grace B&B.
Golf Competition Results for 23 - 27 November 2022
Golf competition results for 23 - 27 November 2022.
Michelin 305/30ZR20 Tyres for Porsche
Make the most of your sports car with the reference tyre in its segment!
Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours
Bedrooms are a very personal space, there are no ‘wrong’ colours.











