BAIE GELUK AAN DIE VOLGENDE PERSONE MET HULLE VERJAARSDAE.
AUG 1 Rob Jerrard en ST Muller
AUG 3 Bobby Brandt
AUG 6 Ms M Muller
AUG 7 Cobus Burger, Jan Le Roux, Andre Lourens en Wynand Bezuidenhout
WOENSDAG SLOEGTERS 23 JULIE
Die weer het mooi saamgespeel en 'n paar goeie tellings opgelewer.
1. Bobby Brandt 39
2. Leon Hattingh 37
3. Solly Wessels 37
4. Daan Victor 35
5. Daniel van der Merwe 35
Daniel van der Merwe het ook bewys waarom hy 'n lae voorgee het, deur twee spogtwees en ook die naaste aan die pen op 8/17 weg te raap. Daan Victor wen naaste aan die op 2/11 en Lambert Smith ook 'n spogtwee.
VRYDAG HOENDERKOMPETISIE
Nie plaasgevind nie a.g.v die weer.
SATERDAG 26 AUG
Die kompetisie was 'n Bogey plus. NET 5 BRAWE MANNE HET DIE KOMPETISIE VOLTOOI. Die spelers wat vroeg opgegee het was seker beter daaraan toe wat kleredrag aanbetref het maar die kanniedoders het vasgeskop en, alhoewel soos natgereende hoenders van die baan afgekom, die rondte voltooi.
1. Steve Muller -1
2. Bev Swart -3
3. Andre Roos -5
4. Sextus Neethling -5
Naaste aan die pen op 2/11 Sextus Neethling.
Onthou die steakaand mense en ook die R1000 wat gewen moet word.
Jannie Brandt
GANSBAAI Gholfklub / Golf Club
Tel: 028 384 1441 Fax: 028 384 1225
E-mail: gbgholf@gmail.com











