Opgewonde kleuters van De Kleine Gansies Kleuterskool het ‘n opwindende besoek deur Gansbaai Biblioteek ontvang. Op Donderdag, 31 Julie 2014 het Edna van der Linde van Gansbaai Biblioteek ‘n welwillendheidsbesoek aan die kleuterskool gebring. Sy het ‘n storie aan hulle voorgelees, wat aandagtig deur hulle gevolg is. Hulle het die storie oor Flossie die Flamink terdeë geniet.
Daarna het Edna die dienste wat deur die biblioteek gelewer word, op kleutervlak aan hulle verduidelik, met kleuters wat groot-oog gesit en luister het. Kleuters kan natuurlik nooit sonder ‘n lekkerny of geskenkie besoek word nie: elke kind het dus ‘n welkome geskenkpakkie ontvang. Hulle was baie opgewonde oor die borspeldjies, inkleurprente en plakkers wat hulle ontvang het. “Verskeie ouers het ons bedank vir hierdie besoek aan hul kinders se kleuterskooltjie, wat ‘n groot sukses was,” vertel Edna. “Ons be-oog om van die ander kleuterskole in die area binne die volgende paar maande ook te besoek.”
Gansbaai Biblioteek se vriendelike en behulpsame personeel bestaan uit Sharman Geldenhuys (Bibliotekaris), Zelda Fourie, Edna van der Linde en Busisiwe Mtatase.
Hulle gerieflike bedryfsure is Maandae tot Vrydae vanaf 09:30 tot 17:30 en hulle kan by 028-384-8300 vir navrae gekontak word.
Gansies word deur Bib besoek
14 August 2014Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Up for Adoption: Patty
Patty together with other adorable dogs are waiting for adoption.
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 30 November 2022
The star of shark diving at the moment is the beautiful Bronze Whaler shark.
Images by Eric Beraud-Sudreau (Guest from France)
These beautiful images were taken by Eric Beraud-Sudreau from France, a guest that stayed at Amazing Grace B&B.
Golf Competition Results for 23 - 27 November 2022
Golf competition results for 23 - 27 November 2022.
Michelin 305/30ZR20 Tyres for Porsche
Make the most of your sports car with the reference tyre in its segment!
Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours
Bedrooms are a very personal space, there are no ‘wrong’ colours.












