So het die duiwe wedvlugseisoen alweer vinnig aangebreek. Saterdag was die eerste Ope duiwe om halftien in Laingsburg losgelaat en die JO (jongduifies) is om tienuur gelos. Soos ons weet het die duiwe sterk noordweste wind gekry. Dit beteken hul kry wind van voor. Ons klub spog hierdie jaar met 'n Junior lid Joshua Booysen wat deur Corinne & Janine in hul vlieghok ge-akkommodeer word.
Uitslae is soos volg : Ope
A Leonard 1ste, 6de, 7de, 15de, 20ste
H. Hitge B 2de, 17de
H. Hitge A 3de, 11de, 18de, 19de
Louis & Johannes 4de, 5de, 10de, 12de
Corinne & Janine 8ste
N Stevens 9de
D Smith 13de, 14de
Jurie Swart 16de
JO Uitslae:
A Leonard 1ste
Jurie Swart 2de
Louis & Johannes 3de,7de,8ste,9de,10de,11de,15de,16de
H Hitge A 4de, 6de
N Stevens 5de, 17de
A Scheepers 12de
Corinne & Janine 13de, 14de, 18de
Joshua Booysen (Jnr) 19de, 20ste
Ons dank aan Gansbaai Overstrand munisipaliteit vir die fasiliteit wat hul tot ons beskikking stel.
Duiwe groete, Corinne












